Luiperds
- Sien Luiperd vir die artikel oor die soogdier.
| Luiperds | ||||
| ||||
| Bynaam(e) | Mielieboere | |||
| Embleem | Luiperd | |||
| Stigting | 1920 | |||
| Unie | Luiperds Rugbyunie | |||
| Ligging | Potchefstroom | |||
| Streek | Noordwes | |||
| Stadion | Olënpark | |||
| Kapasiteit | 22 000 | |||
| Liga(s) | Curriebeker Vodacombeker | |||
| Uniewebwerf | ||||
| www.leopardsrugby.com | ||||
Die Luiperds is 'n provinsiale rugbyspan in Potchefstroom, Suid-Afrika. Hulle was voorheen bekend as Wes-Transvaal en het lank in die volksmond bekend gestaan as die Mielieboere.
Die Luiperds se tuisveld is Olënpark in Potchefstroom en soms die Royal Bafokeng-stadion naby Rustenburg. Hulle ding jaarliks mee om die Curriebeker en die Vodacombeker. Die voedingsbron vir die unie is hoofsaaklik die Noordwes-Universiteit, asook enkele weermageenhede rondom Potchefstroom.
Springbokspelers
[wysig | wysig bron]Die Wes-Transvaalspelers wat ook vir die Springbokke uitgedraf het in die vorige eeu is:[1]
| Van | Noemnaam Bynaam |
Doopnaam(e) | Aantal Toetse | Geboortedorp en datum |
Skool | Datum van eerste toets | Datum van laaste toets |
|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Aucamp | Hans | Johannes | 2 | Steynsburg, 27 Oktober 1898 | Hoërskool Paul Kruger, Steynsburg | 16 Augustus 1924 | 23 Augustus 1924 |
| Bates | Albie | Albert Jacobus | 4 | Germiston, 18 April 1941 | Hoërskool Milner, Klerksdorp | 20 Desember 1969 | 3 Junie 1972 |
| Claassen | Johan | Johannes Theodorus | 28 | Prins Albert, 23 September 1929 | Hoërskool Christiana | 6 Augustus 1955 | 25 Augustus 1962 |
| de Vos | Dirk | Dirk Johannes Jacobus | 3 | Kroonstad, 8 April 1941 | Graeme-kollege, Grahamstad | 17 April 1965 | 6 Desember 1969 |
| du Plessis | Nick | Nicolaas Johannes | 5 | Steynsburg, 4 Desember 1894 | Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch | 27 Augustus 1921 | 13 September 1924 |
| Myburgh | Champion | Willem Hendrik | 1 | Paarl, 10 Oktober 1897 | Paarl Hoër Seunskool | 16 Augustus 1924 | 16 Augustus 1924 |
| Nel | Lofty | Johannes Arnoldus | 11 | Pretoria, 11 Augustus 1935 | Hoërskool Riebeeck, Randfontein | 25 Junie 1960 | 12 September 1970 |
| Putter | Dick | Diederick Johannes | 3 | Onbekend, 13 Februarie 1932 | Hoërskool Nylstroom | 13 Julie 1963 | 7 September 1963 |
| van der Merwe | Flippie | Phillip Rudolph | 6 | Dibeng, 8 Julie 1957 | Hoërskool Diamantveld, Kimberley | 29 Augustus 1981 | 26 Augustus 1989 |
| van der Schyff | Jack | Jack Henry | 5 | Kimberley, 11 Junie 1928 | Hoër Seunskool Kimberley | 16 Julie 1949 | 6 Augustus 1955 |
| Walker | Harry | Henry Newton | 4 | Durban, 1 Julie 1928 | Kearsney-kollege, Durban | 19 September 1953 | 1 September 1956 |
Johan van der Schyff en Paul Durand is vir die Springbokke gekies maar het nie in ’n toets gespeel nie.
Ander
[wysig | wysig bron]Die volgende spelers het vir die unie gespeel voor hulle na ander unies is waar hulle Springbokke geword het:[2]
- Ockie Oosthuizen
- Gert Smal
- Deon Oosthuysen†
- Kobus Wiese
- Robert du Preez
- Schutte Bekker
- Marius Hurter
- Henry Tromp
- Henno Mentz
- Tiaan Liebenberg
- Franco van der Merwe
- Gerhard Mostert
- Lood de Jager
- Akker van der Merwe
† Oosthuysen het nooit in ’n toets gespeel nie, maar wel in 12 toerwedstryde.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ http://www.genslin.us/bokke/ Geargiveer 4 Oktober 2010 op Wayback Machine Besoek op 27 September 2009
- ↑ Heenop, Albert (12 Julie 2020). "Mielieboer-rugby: Weste was wíld en taf" (html). Besoek op 13 Julie 2020.
