Zoopy
![]() | |
Tipe webwerf | Sosiale medianetwerk |
|---|---|
| Beskikbaar in | Engels |
| URL | http://www.zoopy.com/ |
| Registrasie | Opsioneel |
| Huidige status | Onaktief (besoek Desember 2018) |
Zoopy was 'n Suid-Afrikaanse sosiale medianetwerk wat gebruikers in staat gestel het om video's, foto's, oudio en notas op te laai en te deel. Opgelaaide materiaal het onder elke gebruiker se unieke profiel verskyn. Gebruikers kon lêers van tot so groot as 200 mG oplaai, en die inhoud was, volgens Zoopy.com, op elke kontinent geberg,[1] wat onder meer tot gevolg het dat Suid-Afrikaners die webwerf ná oorskryding van hul maandelikse internasionale bandwydtetoelating steeds Zoopy.com kan besoek, indien hul internetpakket vir plaaslike internetbandwydte voorsiening maak.
Zoopy is op 5 Maart 2007 van stapel gestuur. In Desember 2007 het Nokia te webwerf as hul streeksbeeldingsvenoot vir Suid-Afrika gekies, en in Junie 2008 het Suid-Afrika se grootste mobiele telekommunikasienetwerk, Vodacom, aansienlike beleggings in Zoopy gemaak.
In Julie 2012 het Zoopy se stigter en uitvoerende hoof, Jason Elk, sowel as medestigter en bedryfsdirekteur Pat Elk, die maatskappy verlaat na die nuus dat Vodacom beplan het om 'n beduidende belang in Zoopy te verkoop.[2]
Die platform is kortliks in November 2012 opgedateer voordat dit in Desember 2012 gesluit is.[3]
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2009. Besoek op 7 April 2009.
- ↑ Muller, Rudolph. "Zoopy founders leave company" (in Engels (VSA)). Besoek op 16 Julie 2020.
- ↑ "Closed for business: 2012's victims". businesstech.co.za. 28 Desember 2012.
