Meta-Wiki
![]() | |
Tipe webwerf | Wiki |
|---|---|
| Beskikbaar in | Veeltalig |
| Eienaars | Wikimedia Stigting |
| URL | http://meta.wikimedia.org |
| Registrasie | Opsioneel |
| Huidige status | Aktief |
Meta, of Wikimedia se Meta-Wiki is 'n wiki-tipe webwerf wat gebruik word as hulpmiddel vir die koördinering van die Wikimedia Stigting se projekte. Meta was oorspronklik onder die naam Meta-Wikipedia in die lewe geroep.
Meta-Wiki vervul 'n aantal spesifieke doele en funksies:
- Bespreking en formulering van Wikimedia projekte, waaronder Wikipedia, en in die besonder besprekings oor beleid.
- 'n Forum vir persoonlike betoë wat nie noodwendig neutraal is nie.
- 'n Plek waar inhoud georganiseerd en voorberei kan word, en waar samesprekings ook die koördinasie van interwiki-skakels gevoer kan word.
- 'n Plek vanwaar die ontwikkelingsproses gekoördineer kan word.
Tans is Meta een van die belangrikste besprekingsforums vir Wikimediane, waaronder Wikipediane. Van die ander beskikbare fora sluit in: epos-lyste, IRC-kanale, en die besprekingsblaaie van artikels en gebruikers.
Hoewel die projek oorspronklik op die Engelstalige weergawe van Wikipedia gerig was, het Meta ontwikkel tot 'n veeltalig besprekingsforum wat deur alle Wikimedia-taalgemeenskappe gebruik word. Die ontwikkeling is moontlik gemaak deur Wikipedia se MediaWiki-sagteware sodanig aan te pas.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
| Wikimedia Stigting | |||
|---|---|---|---|
|
Projekte: Broeikas | Commons | Meta-Wiki | Wikibooks | Wikidata | Wikinews | Wikipedia | Wikiquote | Wikisource | Wikispecies | Wikiversity | Wikivoyage | WikiWoordeboek | |||
