Lucy (ruimtetuig)
Lucy | |
---|---|
![]() ’n Kunstenaarsvoorstelling van Lucy wat verby die asteroïed 617 Patroklus en sy metgeselliggaam, Menoetius, vlieg.
| |
Operateur | Nasa/Goddard · Southwest Research Institute |
Sending | Verbyvlugte van verskeie asteroïede |
Gelanseer | 16 Oktober 2021[1][2] |
Lanseringsvuurpyl | Atlas V 401 (AV-096) |
Afmetings | 13 m lank[3] |
Duur van sending | 12 jaar (beplan) |
Doel | Verkenning |
Status | Aktief |
Webtuiste | lucy |
Lucy is 'n ruimteverkenner van Nasa op 'n sending van 12 jaar na agt verskillende asteroïede. Dit sal twee liggame in die asteroïedgordel en ses trojane van Jupiter besoek. Laasgenoemde is asteroïede wat Jupiter se wentelbaan om die Son deel; hulle beweeg óf voor Jupiter uit óf agter hom aan.[4][5] Die tuig sal verbyvlugte van al die asteroïede onderneem.[6] Lucy is deel van 'n sending van VS$981 miljoen[7] en is op 16 Oktober 2021 lanseer.
Die sending is genoem na die Australopithecus-fossiel Lucy, want die bestudering van die trojane kan lig werp op die "fossiele van planeetvorming": materiaal wat in die vroeë jare van die Sonnestelsel saamgekoek het om planete en ander liggame te vorm.[8] Die hominied Lucy is genoem na die Beatles se liedjie van 1967 "Lucy in the Sky with Diamonds".[9]
Oorsig
[wysig | wysig bron]Lucy is op 16 Oktober 2021 van Kaap Canaveral lanseer[2] met 'n Atlas V-lanseringstelsel. Nadat dit in 2023 verby die asteroïed 152830 Dinkinesj gevlieg het,[10] het dit in 2025 verby die asteroïed 52246 Donaldjohanson in die binneste asteroïedgordel gevlieg wat na die ontdekker van die Lucy-fossiel genoem is.[11]
In 2027 sal dit by die L4-trojaanwolk asteroïede Griekse Kamp sowat 60° voor Jupiter aankom. Dit sal hier verby vier asteroïede (en hulle satelliete) vlieg: 3548 Eurubates (en sy satelliet), 15094 Polumele, 11351 Leukos en 21900 Orus.[6] Hierna sal Lucy na die L5-trojaanwolk Trojaanse Kamp vlieg wat sowat 60° agter Jupiter geleë is. Dit sal in 2033 verby die dubbelvoorwerp 617 Patroks en sy satelliet, Menoetius, vlieg. Die sending kan hierna eindig, maar omdat Lucy dan in 'n stabiele wentelbaan van ses jaar tussen die L4- en L5-wolk sal wees, is dit moontlik om die sending te verleng.
Harold F. Levison van die Southwest Research Institute in Boulder, Colorado, is die hoofondersoeker en Simone Marchi van die instituut die assistenthoofondersoeker. Nasa se Goddard-ruimtevlugsentrum voer die sending uit.
Die verkenning van Jupiter se trojane is een van die doelwitte met die grootste prioriteit. Volgens aardgebaseerde waarnemings is hulle "donker met ... oppervlakke wat min sonlig weerkaats".[12] Jupiter is 5,2 AE van die Son af, of effens meer as vyf keer so ver as die Aarde.[13] Die Jupitertrojane is net so ver, maar kan effens nader of verder van die Son af wees, na gelang van waar in hulle wentelbane hulle is. Daar kan soveel trojane as asteroïede in die hoofgordel wees.[14]
Goue plaat
[wysig | wysig bron]
Aan boord van die ruimtetuig is 'n goue plaat wat die lanseringsdatum bevat, asook die posisie van die planete en van die Aarde se kontinente op die lanseringsdatum, sy nominale baan en 20 toesprake, gedigte en liedere van mense soos Martin Luther King jr., Carl Sagan en die Beatles. Omdat die ruimtetuig nie die Sonnestelsel sal verlaat of met opset teen 'n planeet sal bots nie, is daar 'n kans dat mense van toekomstige generasies dit in die hande sal kan kry.[15]
Teikens
[wysig | wysig bron]

Die spesifike voorwerpe wat vir waarnemings op verbyvlugte geteiken is, sluit in:[11][16][17][18]
Datum | Teiken | Groep | Deursnee | Afstand | Klassifikasie | Opmerking |
---|---|---|---|---|---|---|
16 Oktober 2022 | Aarde | Aardplanete | 12 742 km | 300 km | Aardplaneet | Swaartekragslinger[19] |
1 November 2023 | 152830 Dinkinesj | Binneste asteroïedgordel | Dinkinesj: 0,7 km (satelliet Selam: 0,2 km) |
425 km | Dubbele S-tipe asteroïed[18] | Besoek in Januarie 2023; kleinste teiken[20] |
13 Desember 2024 | Aarde | Aardplanete | 12 742 km | 350 km | Aardplaneet | Swaartekragslinger[21][22] |
20 April 2025 | 52246 Donaldjohanson | Binneste asteroïedgordel | 4 km | 960 km | C-tipe asteroïed | Lid van ~130 miljoen jaar oue 163 Erigone-botsingsfamilie |
12 Augustus 2027 | 3548 Eurubates | Griekse Kamp by L4 | Eurubates: 64 km (satelliet Queta: 1 km) |
1 000 km | Dubbele C-tipe asteroïed | Grootste lid van die enigste bevestigde botsingsfamilie onder die trojane. |
15 September 2027 | 15094 Polumele | Griekse Kamp by L4 | Polumele: 21 km satelliet: 5 km) |
415 km | Dubbele P-tipe asteroïed | Dalk 'n botsingsfragment van 'n groter P-tipe asteroïed. |
18 April 2028 | 11351 Leukos | Griekse Kamp by L4 | 34 km | 1 000 km | D-tipe asteroïed | Stadige roteerder (rotasieperiode 466 uur). |
11 November 2028 | 21900 Orus | Griekse Kamp by L4 | 51 km | 1 000 km | D- of C-tipe asteroïed | Moontlike dubbelvoorwerp [23] |
26 Desember 2030 | Aarde | Aardplanete | 12 742 km | 660 km | Aardplaneet | Swaartekragslinger; 1ste tuig wat van anderkant Jupiter na die Aarde terugkeer.[24] |
2 Maart 2033 | 617 Patroklos, Menoetius | Trojaanse Kamp by L5 | Patroklos: 113 km Menoetius: 104 km |
1 000 km | Dubbele P-tipe asteroïed[25] | Die twee is 680 km van mekaar af. |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Lucy". Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2021. Besoek op 3 Februarie 2023.
- ↑ 2,0 2,1 "U.S. Launch Schedule". NASASpaceflight.com. 16 Oktober 2021. p. 206. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2021. Besoek op 21 Oktober 2021.
- ↑ "The Lucy Spacecraft and Payload". Southwest Research Institute. 9 Julie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2021. Besoek op 7 Desember 2018.
- ↑ Hille, Karl (21 Oktober 2019). "NASA's Lucy Mission Clears Critical Milestone". NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 5 Desember 2020.
Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.
- ↑ "Lucy: The First Mission to the Trojan Asteroids". NASA. 21 April 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2020. Besoek op 16 Oktober 2021.
Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.
- ↑ 6,0 6,1 Chang, Kenneth (6 Januarie 2017). "A Metal Ball the Size of Massachusetts That NASA Wants to Explore". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2017. Besoek op 2 Maart 2017.
- ↑ "Watch a video tour of NASA's Lucy asteroid explorer". Spaceflight Now. 6 Oktober 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2021. Besoek op 7 Oktober 2021.
- ↑ Witze, Alexandra (16 Maart 2015). "Five Solar System sights NASA should visit". Nature. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2020. Besoek op 2 Oktober 2015.
- ↑ Johanson, Donald C.; Wong, Kate (2010). Lucy's Legacy: The Quest for Human Origins. Crown Publishing Group. pp. 8–9. ISBN 978-0-307-39640-2.
- ↑ Merzdorf, Jessica (25 Januarie 2023). "NASA's Lucy Team Announces New Asteroid Target". NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2023. Besoek op 26 Januarie 2023.
- ↑ 11,0 11,1 Dreier, Casey; Lakdawalla, Emily (30 September 2015). "NASA announces five Discovery proposals selected for further study". The Planetary Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2020. Besoek op 2 Oktober 2015.
- ↑ "PIA16211: Trojan Colors Revealed (Artist's Concept)". NASA. 15 Oktober 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2012. Besoek op 16 Oktober 2015.
Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.
- ↑ Wall, Jennifer (1 Junie 2015). "What Is Jupiter?". NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2015. Besoek op 16 Oktober 2015.
- ↑ Dreier, Casey; Lakdawalla, Emily (30 September 2015). "NASA announces five Discovery proposals selected for further study". The Planetary Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2020. Besoek op 2 Oktober 2015.
- ↑ "The Lucy Plaque – Lucy Mission". lucy.swri.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Julie 2021. Besoek op 5 Oktober 2021.
- ↑ "Lucy: Surveying the Diversity of Trojan Asteroids, the Fossils of Planet Formation" (PDF). Southwest Research Institute. 2015. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 September 2019. Besoek op 11 Julie 2017.
- ↑ (March 2017) "Lucy: Surveying the Diversity of the Trojan Asteroids, the Fossils of Planet Formation" in 48th Lunar and Planetary Science Conference. 20–24 March 2017 The Woodlands, Texas.. LPI Contribution No. 1964, id. 2025.
- ↑ 18,0 18,1 "Mission Targets". Lucy. Southwest Research Institute. 25 Junie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2018. Besoek op 7 Desember 2018.
- ↑ Shekhtman, Svetlana (13 Oktober 2022). "NASA's Lucy to Fly Past Thousands of Objects for Earth Gravity Assist". NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2022. Besoek op 22 Desember 2022.
- ↑ Merzdorf, Jessica (25 Januarie 2023). "NASA's Lucy Team Announces New Asteroid Target". NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2023. Besoek op 26 Januarie 2023.
- ↑ "NASA's Lucy spacecraft skimming Earth's atmosphere today!". earthsky.org. 12 Desember 2024. Besoek op 13 Desember 2024.
- ↑ "NASA's Lucy Spacecraft Prepares for Second Earth Gravity Assist". nasa.gov. 13 Desember 2024. Besoek op 14 Desember 2024.
- ↑ Noll, K. S.; Grundy, W. M.; Buie, M. W.; Levison, H. F.; Olkin, C.; Marchi, S.; Brown, M. E.; Mottola, S. (22 August 2018), 15622 – Confirmation of a Binary Companion to 21900 Orus, Space Telescope Science Institute, http://www.stsci.edu/hst/phase2-public/15622.pdf, besoek op 7 June 2019
- ↑ "Lucy Mission". NASA. 30 April 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2021. Besoek op 15 Oktober 2021.
Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.
- ↑ University of California Berkeley (1 February 2006). "Binary asteroid in Jupiter's orbit may be icy comet from solar system's infancy". Persberig. http://www.berkeley.edu/news/media/releases/2006/02/01_patroclus.shtml. Besoek op 4 November 2017.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Sendingswebtuiste by nasa.gov
- Lucy: NASA's mission to Jupiter's Trojans by eoPortal
- Designing Lucy’s Path to the Trojan Asteroids
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lucy (ruimtetuig).
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.