Die Isjim (Kasaks: Есіл, Esil; Russies: Иши́м, Išim) is die grootste sytak van die Irtisj, op sy beurt 'n sytak van die Ob in Siberië en Noord-Asië. Die rivier, met 'n lengte van 2450km, ontspring in die Kasakse Hooglande, Kasakstan. Aansluitend vloei die rivier, in Kasakstan Esil genoem, in 'n westelike rigting en bereik die hoofstadNoer-Soeltan. Die rivier behou sy westelike koers, totdat dit 'n skerp boog in 'n noordelike rigting maak. Wes van Omsk bereik die Isjim die Russiese grens en vloei verder in 'n noordelike rigting deur die Omsk-oblast. In Rusland loop die rivier deur 'n uitgestrekte moerasland en vorm hier ontelbare kronkelaars en mere. Die rivier vries van einde November tot Maart.
Panorama van die moderne regeringsdistrik en sakesentrum van Noer-Soeltan, Kasakstan, met die wyer Isjim op die voorgrond