I'm Thinking of Ending Things
I'm Thinking of Ending Things | |
---|---|
Regisseur | Charlie Kaufman |
Vervaardiger |
|
Draaiboek | Charlie Kaufman |
Geskoei op | I'm Thinking of Ending Things deur Iain Reid |
Met |
|
Musiek deur | Jay Wadley |
Kinematografie | Łukasz Żal |
Ateljee |
|
Verspreider | Netflix |
Uitgereik | 4 September 2020 |
Speeltyd | 134 minute |
Land | VSA |
Taal | Engels |
IMDb-profiel |
I'm Thinking of Ending Things (geskryf as i'm thinking of ending things) is 'n Amerikaanse surrealistiese, sielkundige dramarolprent[1] van 2020 wat deur Charlie Kaufman geskryf en geregisseer is. Dit is geskoei op die roman met dieselfde naam deur Iain Reid.
Die prent gaan oor 'n jong vrou (Jessie Buckley) wat saam met haar kêrel (Jesse Plemons) ry om sy ouers (Toni Collette en David Thewlis) te gaan ontmoet. Deur die hele prent word die hoofverhaal onderbreek met skote van 'n skoolopsigter (Guy Boyd) wat by die skool aan die werk is, met die twee stories wat in die derde deel vervleg raak.
I'm Thinking of Ending Things is op 28 Augustus 2020 in gekeurde teaters uitgereik en op 4 September 2020 op Netflix. Resensente het veral die toneelspel deur die hoofakteurs en die kinematografie geprys.
Storielyn
[wysig | wysig bron]Bederwingswaarskuwing: Die storielyn en/of storie se einde volg hieronder.
Deur die hele fliek word die hoofverhaal onderbreek deur skote van 'n ouerige opsigter wat by 'n hoërskool werk. Dit sluit tonele in waar hy kyk hoe leerlinge tonele vir Oklahoma! repeteer en 'n romantiese komedie kyk.
'n Jong vrou (wie se naam en beroep voortdurend verander) oorweeg dit om haar verhouding met haar kêrel, Jake, te beëindig terwyl sy saam met hom na sy ouers se plaas ry om hulle te ontmoet. Tydens die rit probeer Jake 'n gedig opsê wat hy as kind gelees het, "Ode: Intimations of Immortality", en vra haar om een van haar oorspronklike gedigte op te sê om die tyd te verwyl. Nadat sy 'n morbiede gedig opgesê het, kom hulle by die plaashuis aan. Jake neem haar na 'n skuur, waar hy vir haar vertel hoe die varke lewend deur maaiers opgeëet is.
Toe hulle in die plaashuis kom, sien die vrou krapmerke aan die deur na die kelder. Met aandete wys die vrou aan Jake se vreemde ouers foto's van haar landskapskilderye en vertel sy vir hulle hoe sy en Jake ontmoet het, maar al die feite stem nie ooreen nie. Later sien sy 'n foto van Jake as kind, maar raak verward toe sy haarself op die foto herken. Sy kry 'n oproep van 'n vriendin met 'n vrouenaam, maar 'n geheimsinnige manstem verduidelik daar is "een vraag om te beantwoord". Deur die loop van die aand verander Jake se ouers in ouer en jonger weergawes van hulleself, maar niemand lewer kommentaar daarop nie. Toe die vrou 'n nagrok na die die kelder neem om te was, sien sy verskeie opsigteruniforms in die wasmasjien asook plakkate van 'n uitstalling van die Amerikaanse skilder Ralph Albert Blakelock se werk, wat net soos hare lyk. Sy kry nog 'n oproep van die geheimsinnige manstem. Op pad terug huis toe verwys Jake na verskeie voorvalle dié aand wat die vrou nie onthou nie en beweer dan sy het baie wyn gedrink. Woordassosiasie lei tot 'n uitgebreide kritiese bespreking van John Cassavetes se A Woman Under the Influence. Die paartjie hou stil by Tulsey Town, 'n deurrry-roomysverkooppunt, waar die werknemers leerlinge is aan die skool waar die opsigter werk. Toe die vrou vertrek, sê een van die werknemers met 'n uitslag aan haar arms dat hulle vir haar vrees.
Jake hou by sy hoërskool stil om die roomyshouers weg te gooi. Ná 'n warm argument op die parkeertreein oor die woorde van "Baby, It's Cold Outside" soen hulle. Jake het 'n terugflits van die opsigter wat hulle uit die skool dophou. Hy besluit om hom te konfronteer en los die vrou alleen in die motor. Sy besluit eindelik om in die skool na Jake te gaan soek. Sy ontmoet die opsigter en vra hom waar Jake is, maar sy kan nie onthou hoe Jake lyk nie. Sy beweer Jake het haar die aand toe hulle ontmoet het ongemaklik gemaak deur na haar te staar.
Die vrou kom aan die einde van die gang op Jake af. Hulle kyk toe terwyl mense wat soos hulle en die opsigter aangetrek is, 'n ballet uitvoer. Dit eindig toe die opsigter Jake se danser met 'n mes doodsteek. Ná sy skof klim die opsigter in sy trok, maar sluit dit nie aan nie. Hy het hallusinasies van Jake se ouers wat stry en geanimeerde Tulsey Town-advertensies. Die opsigter trek dan uit en loop weer by die skool in, gelei deur 'n hallusinasie van 'n vark vol maaiers.
Op die verhoog van 'n ouditorium ontvang 'n ou Jake 'n Nobelprys en sing "Lonely Room"[2] van Oklahoma!. Die gehoor is mense uit sy lewe wat almal met verhooggrimering oud gemaak is en hom staande toejuig. Die emosionele Jake staan na die gehoor en staar terwyl die hele toneel blou word.
In die laaste toneel maak die blou skerm plek vir 'n skoot van die skool se parkeerterrein. Die paartjie se motor is nie maar daar nie, maar die opsigter se trok staan steeds daar, bedek met sneeu.[3] Aan die einde van die erkenningsrol kan die skraapklanke van 'n aankomende sneeuskraper gehoor word.
Hoofakteurs
[wysig | wysig bron]- Jesse Plemons as Jake[4]
- Ryan Steele as die dansende Jake
- Jessie Buckley as die jong vrou[4] (haar naam is deur die fliek Lucy, Louisa, Lucia, Ames, ensovoorts)
- Unity Phelan as die dansende jong vrou
- Toni Collette as Moeder[4]
- David Thewlis as Vader[4]
- Guy Boyd as die opsigter[5]
- Frederick E. Wodin as die dansende opsigter
Ontvangs
[wysig | wysig bron]Op Rotten Tomatoes het die rolprent 'n goedkeuringsyfer van 82%, gebaseer op 262 resensies, met 'n gemiddelde punt van 7,5 uit 10.[6] Op Metacritic het dit 78 uit 100, gebaseer op 46 resensies, wat dui op 'n "algemeen gunstige" ontvangs.[7]
Karen Han van die webtuiste Polygon skryf: "Die gebrek aan 'n duidelike struktuur en antwoorde kan frustrerend wees, maar die vreemde manier waarop die storie vertel word, wys net hoe werklik die gesprekke tussen die karakters voel. Die frustrasie wat Lucy teenoor Jake voel, wat Jake teenoor sy ma voel en wat sy ouers teenoor mekaar voel, is alles ongemaklik tasbaar, veral wanneer die spanning styg."[8] In sy resensie op RogerEbert.com gee Brian Tallerico die fliek drie en 'n half uit vier sterre en sê dit "is onteenseglik kompleks in terme van simboliek en het 'n surrealistieser einde as wat die meeste mense sal verwag". Hy prys ook die kinematografie.[9]
In The Observer skryf Wendy Ide: "Dit is nie 'n rolprent dié wat jou goed laat voel oor dinge nie. Dit volg ook nie 'n bekende pad nie. Maar I'm Thinking of Ending Things is een van die mees gewaagde en onverwagte films van die jaar – 'n ontstellende sielkundige gruwelstuk, deurdrenk met 'n kronkelende droomlogika wat oorgaan in die domein van nagmerries."[10] In 'n meer gemende resensie gee Adam Graham van The Detroit News die prent 'n C. Hy prys Plemons en Buckley se toneelspel, maar betreur die storielyn: "I'm Thinking of Ending Things is 'n onoplosbare raaisel waarin die enigste antwoord die mens se hopeloosheid is, en ons was al daar."[11]
In Junie 2025 het die webtuiste IndieWire die fliek 22ste geplaas op sy lys van "die 100 beste flieks van die 2020's (tot dusver)".[12]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Lusk, Jacob (10 September 2020). "'I'm Thinking of Ending Things' provides a bizarre surrealist escape". The Michigan Daily. Besoek op 3 Maart 2022.
- ↑ Rubin, Brian P. (4 September 2020). "The ending of I'm Thinking of Ending Things explained". Looper. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2020. Besoek op 30 Januarie 2021.
- ↑ Riley, Jenelle (18 Desember 2020). "Read Charlie Kaufman's 'I'm Thinking of Ending Things' Script (EXCLUSIVE)". Variety. Besoek op 26 September 2023.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 O'Neill, Mae Harrington (11 Augustus 2020). "I'm Thinking of Ending Things release date, cast, synopsis, trailer and more". Netflix Life. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2020. Besoek op 1 September 2020.
- ↑ "I'm Thinking of Ending Things review – another superb nightmare courtesy of Charlie Kaufman". The Guardian. 27 Augustus 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2020. Besoek op 29 Augustus 2020.
- ↑ "I'm Thinking of Ending Things (2020)". Rotten Tomatoes. Fandango Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op November 5, 2020. Besoek op geen.
{{cite web}}
: Gaan datum na in:|access-date=
(hulp) - ↑ "I'm Thinking of Ending Things Reviews". Metacritic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2020. Besoek op 19 September 2020.
- ↑ Han, Karen (4 September 2020). "Charlie Kaufman's I'm Thinking of Ending Things uses surrealism to feel painfully real". Polygon. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2020. Besoek op 21 September 2020.
- ↑ Tallerico, Brian (4 September 2020). "I'm Thinking of Ending Things Review: RogerEbert.com". RogerEbert.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2020. Besoek op 9 September 2020.
- ↑ Ide, Wendy (5 September 2020). "I'm Thinking of Ending Things review – one of the most daringly unexpected films of the year". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2020. Besoek op 9 September 2020.
- ↑ Graham, Adam (3 September 2020). "Review: 'I'm Thinking of Ending Things' a hopeless glimpse into the void". The Detroit News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2020. Besoek op 9 September 2020.
- ↑ "The 100 Best Movies of the 2020s (So Far)". 16 Junie 2025. Besoek op 23 Junie 2025.
Skakels
[wysig | wysig bron]Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.