Gustav Bauer

Gustav Adolf Bauer (6 Januarie 1870 – 16 September 1944) was 'n leier van die Duitse Sosiaal-Demokratiese Party en die kanselier van Duitsland van Junie 1919 tot Maart 1920. Voor dit was hy minister van arbeid in die laaste kabinet van die Duitse Ryk en gedurende die grootste deel van die Duitse Rewolusie wat die formele stigting van die Republiek Weimar voorafgegaan het.
Bauer het in Junie 1919 minister-president van die Weimar Nasionale Vergadering geword nadat Philipp Scheidemann bedank het uit protes teen die Verdrag van Versailles. Na die aanvaarding van die Weimar-grondwet in Augustus 1919, het Bauer se titel formeel verander na "kanselier". Gedurende sy ampstermyn is 'n deurslaggewende belastingherstrukturering ingestel, asook 'n reeks belangrike sosiale hervormings wat werkloosheidsverligting, kraamvoordele en gesondheids- en ouderdomsversekering beïnvloed het.
Nadat sy kabinet in Maart 1920 geval het as gevolg van die reaksie op die Kapp-putsch, het Bauer van Mei 1920 tot November 1922 as visekanselier, minister van die tesourie en minister van vervoer in ander kabinette gedien. In 1925 is hy gedwing om sy setel in die Reichstag te bedank weens sy betrokkenheid by die bedrog en omkopery van die Barmat-skandaal. Hy is toegelaat om sy setel in 1926 terug te neem. Hy het dit behou tot 1928 toe hy uit die openbare lewe afgetree het.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Braun, Bernd: Die Reichskanzler der Weimarer Republik. Zwölf Lebensläufe in Bildern. Droste, Düsseldorf 2011, p. 100 – 133. ISBN 978-3-7700-5308-7.
- Mayer, Paul (1953) (in de), Bauer, Gustav Adolf, 1, Berlin: Duncker & Humblot, p. 638, http://daten.digitale-sammlungen.de/0001/bsb00016233/images/index.html?seite=658none; (full text online)
- Rintelen, Karlludwig: Ein undemokratischer Demokrat: Gustav Bauer. Gewerkschaftsführer – Freund Friedrich Eberts – Reichskanzler. Eine politische Biographie, Lang, Frankfurt/M. 1993, ISBN 3-631-45299-3 (the only biography of Gustav Bauers and a very critical account)
- Voigt, Martin: "Gustav Adolf Bauer". p. 177–190. In: Wilhelm v. Sternburg (Hrsg.): Die deutschen Kanzler. Von Bismarck bis Schmidt. Königstein/Taunus: Athenäum 1985. ISBN 3-7610-8382-3.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gustav Bauer. Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gustav Bauer.
 
	



