Dwergseekoei
| Dwergseekoei | |
|---|---|
|   | |
| 'n Dwergseekoei by Bristol Dieretuin. | |
| Wetenskaplike klassifikasie   | |
| Domein: | Eukaryota | 
| Koninkryk: | Animalia | 
| Filum: | Chordata | 
| Klas: | Mammalia | 
| Orde: | Artiodactyla | 
| Familie: | Hippopotamidae | 
| Subfamilie: | Hippopotaminae | 
| Genus: | Choeropsis Leidy, 1853 | 
| Spesie: | C. liberiensis | 
| Binomiale naam | |
| Choeropsis liberiensis | |
| Subspesies | |
| 
 | |
|   | |
| Verspredings-kaart[1] | |
| Sinonieme[1] | |
| 
 | |

Die dwergseekoei (Hexaprotodon liberiensis) is een van die twee oorlewende spesies seekoeie. Hy lyk baie soos 'n jong seekoei (Hippopotamus amphibius); daarom het hy die naam dwergseekoei gekry. Twee subspesies is beskrywe, naamlik Hexaprotodon liberiensis liberiensis en Hexaprotodon liberiensis heslopi. Laasgenoemde, die Nigeriese subspesie, het egter in die 20ste eeu uitgesterf. Dit is nooit in die natuur bestudeer of gevange geneem nie. Alle navorsing en dieretuin-voorbeelde verwys aldus na die eersgenoemde, of Liberiese subspesie.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Die spesie is baie kleiner as gewone seekoeie en hul oë is meer aan die kante van die kop. Anders as die gewone seekoei, het die dwergseekoei ses snytande in plaas van vier. Hulle bly langer op land as die gewone seekoei en is donkerder van kleur. As dwergseekoeie gepaar het word hul vel bedek met skuim. Dit verhinder dat die vel uitdroog en hou dit klam en soepel. Hulle sweet 'n rooi vloeistof, sodat dit lyk asof die dier bloei.
Hulle het 'n skouerhoogte van 80 sentimeter, is 1,4 tot 1,6 meter lank en weeg 160 tot 275 kilogram. Hulle stert is ongeveer 15 cm lank.
Sosiale gedrag
[wysig | wysig bron]By dwergseekoeie is die wyfie dominant. Die mannetjie kan dikwels herken word aan die baie littekens wat hulle het. Dwergseekoeie is eensame diere en soek slegs mekaar se geselskap gedurende die paartyd.
Voortplanting en lewensverwagting
[wysig | wysig bron]Die wyfie is gewoonlik vir ses tot sewe maande dragtig en het dan een, maar soms twee kleintjies. Afgesien van die mens, het die dier min natuurlike vyande. Hulle word soms deur 'n krokodil, luislang of luiperd gegryp. Hulle kan tot 50 jaar oud word, maar in gevangenskap gewoonlik om die 45 jaar.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 Ransom, C.; Robinson, P.T.; Collen, B. (2015). "Choeropsis liberiensis". IUCN Red List of Threatened Species. 2015: e.T10032A18567171. doi:10.2305/IUCN.UK.2015-2.RLTS.T10032A18567171.en. Besoek op 27 Augustus 2021.
- ↑ "Choeropsis liberiensis". ASM Mammal Diversity Database. 1.5. American Society of Mammalogists. Besoek op 26 Augustus 2021.
 
	