AMD
![]() | |
Tipe | Publieke maatskappy |
---|---|
Gestig | 1969 |
Hoofkantoor | , |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Sleutelpersone | Lisa Su (hoof uitvoerende beampte) Mark Papermaster (hoof tegnologie beampte) John Edward Caldwell (voorsitter van die Raad) |
Produkte | Mikroverwerkers, mikroskyfies, grafiese verwerkers |
Inkomste | 6,494 miljard VSA-$ (2010) |
824 miljoen VSA-$ (2010) | |
854 000 000 Amerikaanse dollar (2023) ![]() | |
Totale bates | 12 419 000 000 Amerikaanse dollar (2021) ![]() |
Aantal werknemers | 11 100 (2010) |
Webwerf | amd.com |
Advanced Micro Devices, Inc. (Afrikaans: gevorderde mikro-apparate) (verkort AMD) is 'n Amerikaanse vervaardiger van halfgeleiertoestelle gesetel in Sunnyvale, Kalifornië. Die besigheid is gestig deur 'n groep voormalige werkers van Fairchild Semiconductor, ingesluit in die groep is Jerry Sanders, Edwin Turney, John Carey, Sven Simonsen, Jack Gifford en drie lede van Gifford se span, Frank Botte, Jim Giles, en Larry Stenger. Die huidige voorsitter is John E. Caldwell.
AMD is die wêreld se tweede grootste vervaardiger van x86-gegronde verwerkers asook die wêreld se derde grootste verskaffer van grafiese verwerkingseenhede, nadat hulle vir ATI in 2006 oorgekoop het. AMD het ook 21% aandele in Spansion, 'n verskaffer van nie-vlugtige flitsgeheue.
Hulle het die AMD Fusion-tegnologie in 2006 bekend gestel.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met AMD. |