A Corner in Wheat
| A Corner in Wheat | |
|---|---|
| Regisseur | D. W. Griffith |
| Draaiboek | Frank Norris |
| Met |
|
| Kinematografie | G. W. Bitzer |
| Verspreider | American Mutoscope and Biograph Company |
| Uitgereik | 13 Desember 1909 |
| Speeltyd | 15 min |
| Land | |
| IMDb-profiel | |
A Corner in Wheat[1] is 'n Amerikaanse stilfilm uit 1909. D. W. Griffith is die regisseur.[2][3] Die hoofrolspelers is Frank Powell en James Kirkwood.
A Corner in Wheat vertel die verhaal van 'n gierige magnaat wat probeer om die wêreldmark vir koring te monopoliseer en die lewens van mense wat nie meer brood kan bekostig nie, te vernietig. Die storielyn is deur Griffith en Frank E. Woods verwerk vanaf 'n roman en 'n kortverhaal deur Frank Norris, getiteld The Pit en A Deal in Wheat.
Die deursnyding-tegniek tussen stil tableaus van die armes in die broodlyn en die weelderige, aktiewe partytjies van die welgestelde spekulant antisipeer ietwat die botsingsmontage wat 'n dekade later 'n kenmerk van Sowjet-rolprente geword het.
In 1994 is A Corner in Wheat deur die Biblioteek van die VSA-kongres aangewys vir bewaring in die Verenigde State se Nasionale Filmregister as "kultureel, histories of esteties betekenisvol".[4][5]
Die film is ook in die 1960's op 8mm vrygestel.
Hoofrolspelers
[wysig | wysig bron]- Frank Powell
- James Kirkwood
- Linda Arvidson
- Gladys Egan
- Henry B. Walthall
- Grace Henderson
- W. Chrystie Miller
Vrystelling
[wysig | wysig bron]Die film is op 13 Desember 1909 vrygestel. As gevolg van 'n toename in politieke populisme het gehore positief op die film gereageer. Voor A Corner in Wheat het Griffith vermy om politieke stellings in sy werk te maak. Na die film se sukses het hy begin om meer gewaagde stellings oor die samelewing en politiek te maak, soos sy beroemde voorspraak vir wit oppergesag in The Birth of a Nation (1915).[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ A Corner in Wheat. Biograph.
- ↑ Vlada Petrić. D.W. Griffith's A Corner in Wheat: A Critical Analysis
- ↑ A CORNER IN WHEAT
- ↑ "25 Films Added to National Registry". The New York Times. 15 November 1994. Besoek op 24 April 2020.
- ↑ "Complete National Film Registry Listing". Library of Congress. Besoek op 3 Junie 2020.
- ↑ Eagan, Daniel (2010). America's Film Legacy: The Authoritative Guide to the Landmark Movies in the National Film Registry. Continuum. p. 20. ISBN 978-1-4411-1647-5.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie A Corner in Wheat.
Wikiquote het aanhalings deur A Corner in Wheat.- A Corner in Wheat op IMDb