CASA C-212 Aviocar
| CASA C-212 Aviocar | |
|---|---|
| Tipe | Veeldoelige vliegtuig |
| Vervaardiger | Construcciones Aeronáuticas SA EADS CASA Indonesiese Lugvaart |
| Nooiensvlug | 26 Maart 1971 |
| Bekendstelling | Mei 1974 |
| Status | In produksie in Indonesië |
| Hoofgebruiker | Indonesië |
| Vervaardig | 1971–2012 |
| Aantal gebou | 483[1] + >100 (IPTN) |
| Eenheidskoste | $5.2-8 miljoen (2006)[2] |
Die CASA C-212 Aviocar is 'n turboskroefaangedrewe, mediumgrootte vragvliegtuig met kort-opstyg-en-land vermoë (STOL) ontwerp en gebou deur Construcciones Aeronáuticas SA (CASA) in Spanje vir beide die militêre en burgerlike marksegmente.
Gedurende die laat 1960's het die Spaanse Lugmag nog suieraangedrewe vragvliegtuyie gebruik insluitend die drie-enjin Junkers Ju 52 en twee-enjin Douglas C-47. Om 'n vereiste van die Spaanse Lugmag se moderisering program na te kom het CASA die C-212 voorgestel, 'n tweemotorige 18 sitplek vragvliegtuig wat geskik is om in verskeie rolle gebruik te kan word onder andere vervoer van passasiers, nood en ambulans dienste en vervoer van valskermsoldate asook gebruik in 'n burgerlike omgewing.[3] Die eerste prototipe het op 26 Maart 1971 sy nooiensvlug voltooi. In 1974 het die Spaanse Lugmag bestellings geplaas vir die C-212 om sy vloot moderniseer.
Verwysings
- ↑ Orders, Deliveries, In Operation Military aircraft by Country - Worldwide Geargiveer 11 Augustus 2018 op Wayback Machine, Airbus Defence & Space (30 November 2016)
- ↑ Justin Wastnage (23 Augustus 2006). "Brazil orders 50 C-212 transports from EADS Casa, to replace Bandeirantes". FlightGlobal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2017. Besoek op 29 November 2017.
- ↑ Simpson Air International January 2005, p. 32.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie CASA C-212 Aviocar.