Sun Microsystems was 'n rekenaarmaatskappy wat wêreldwyd sake gedoen het. Hulle hoofkantoor was in Santa Clara, Kalifornië, VSA geleë. Hulle was op 'n stadium een van die grootste rekenaarmaatskappye ter wêreld. In 2007 het Sun 33900 werknemers gehad wat oor 170 lande werksaam was. Op 20 April 2009 het Sun Microsystems aangekondig dat hulle ingestem het dat Oracle hulle uitkoop.
Sun Microsystems het ook kantore in Suid-Afrika gehad, vanwaar ondersteuning gebied en opleiding verskaf is om mense in staat te stel om die maatskappy se produkte te kon gebruik.
Op 12 Februarie1982 stig Vinod Khosla, Andy Bechtolsheim en Scott McNealy die Sun Microsystems maatskappy. Die maatskappy se naam is afgelei van Stanford University Network, waar die stigterslede gestudeer het. Die maatskappy se leuse is "die netwerk is die rekenaar". Vanaf die begin af het hulle ten doel gehad om rekenaars in netwerke met mekaar te laat saamwerk.