Javaanse kat
Javanese kat | |
---|---|
![]() | |
Alternatiewe naam | Mandarynse kat Oosterse langhaarkat |
Herkoms | VSA |
Ontstaan | Kruisras |
Soort lyf | Oosters |
Pels | Lank |
Patroon | Kleurpunt |
Wetenskaplike naam | Felis catus |
Nota | Word deur die meeste katverenigings beskou as ’n soort Balinese kat of ’n langharige weergawe van die Oosterse korthaarkat. |
Die Javanese kat is ’n langharige, Oosterse tipe katras en staan ook bekend as die Mandarynse kat of Oosterse langhaarkat. Die kat het geen verbintenis met die eiland Java nie.
Geskiedenis
Toe Amerikaanse kattelers probeer het om ’n langharige weergawe van die Siamese kat te ontwikkel, het hulle die Balinese kat geskep. Die Javanese kat het as ’n soort neweproduk van dié teelprogram ontstaan. In 1979 het die Cat Fanciers' Association in Amerika die Javanese kat as ’n aparte ras erken. Ander vervenigings beskou dit as ’n variant van die Balinese kat.
Beskrywing
Die kat het ’n sagte enkellaag hare en die stert vorm ’n pluim.[1] Die enigste onderskeid tussen die Javanese en Balinese kat lê in die kleure van die pels.[2] Die Javanese kat het die kleure van die Oosterse korthaarkat en word dus dikwels beskou as ’n langharige weergawe daarvan.
Die kat raak nes ander Oosterse katte geheg aan een mens. Hulle miaau graag om hul eienaars te laat weet hoe hulle voel.
Verwysings
Eksterne skakels
Sien ook

Hierdie artikel is gedeeltelik vertaal van die Duitse Wikipedia