Zond-ruimteprogram
Zond (Russies: Зонд) is die naam wat gebruik is vir twee reekse onbemande ruimtetuie deur die Sowjetunie tussen 1964 en 1970. Die doel was om inligting in te samel oor nabygeleë planete en ruimtetuie te toets.
In die begin was daar probleme met die Proton-vuurpyl se betroubaarheid, maar daar is voortgegaan met die toetsvlugte, met ’n paar probleme wat ontstaan het. Die meeste van die toetsvlugte tussen 1967 en 1970 (Zond 4 tot 8) het probleme gehad om na die aarde terug te keer.
Al die Zond-sendings was onbemande vlugte. Vier van hulle het foute gehad wat geen bemanning sou oorleef het nie. Instrumente op hierdie vlugte het data versamel oor onder andere kosmiese en sonstrale, magnetiese velde, radioseine en sonwind. Baie foto's is op die sendings geneem.
Eksterne skakels
- Gedetailleerde inligting oor die Sojoes 7K-L1 wat in Zond 4 tot 8 gebruik is
- Maanverkenning: die Zond-sendings

Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia