Gaan na inhoud

OpenStreetMap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

OpenStreetMap (OSM) is 'n "kopielinkse" digitale padkaart wat ontwerp is om deur enigiemand gewysig te kan word. Die kaart word geskep uit data wat opgeneem word deur GPS ontvangers, lugfotos en ander gratis bronne. Die kaart kan dan geprojekteer word in 'n geografiese koördinatestelsel, gebruik word vir roete beplanning of gebruik word vir geografiese soektogte.

Geskiedenis

Steve Coast, 2009

OpenStreetMap is in 2004 gestig deur Steve Coast. Die drywers vir die projek was die hoë koste van kwaliteit geografiese data in die Verenigde Koningkryk en die beskikbaarheid van akkurate GPS ontvangers.

In 2006 het Yahoo! ingestem dat hulle lugfotos vir die projek gebruik kan word. Dit het die gemeenskap instaat gestel om die hele Pretoria en groot dele van Johannesburg en Kaapstad te voltooi.

Werkswyse

Deelnemers verken nuwe areas en gebruik GPS ontvangers, kameras, persoonlike digitale assitente en / of pen en papier om data bymekaar te maak. Daarna word OSM redigeerings sagteware gebruik om dit by die sentrake databasis te voeg. Hierdie veranderings kan tot 'n week of meer neem voordat dit gepubliseer word in al die verskillende formate.

Die munisipale grense sowel as offisiële plekname volgens die Suid-Afrikaanse Geografiese Name Raad is reeds ingevoer.