Gaan na inhoud

Lineêre programmering

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur RobotE (besprekings | bydraes) op 12:16, 11 Julie 2005 (robot Bygevoeg: zh, pl, ja, nl, fr, de)

Lineêre programmering (LP) is 'n studieveld in operasionele navorsing.

Die studieveld fokus op 'n wiskundige probleem wat bestaan uit 'n lineêre funksie wat gemaksimeer (of geminimeer) moet word onderhewig aan 'n aantal lineêre ongelykhede. Die funksie heet "die doelfunksie" en die ongelykhede word "die beperkings" genoem. In die algemene probleem is daar ook "tekenvereistes" wat vereis dat die veranderlikes almal nienegatief moet wees.