Gaan na inhoud

Yochai Benkler

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Sobaka (besprekings | bydraes) op 20:59, 1 Desember 2007 (Nuwe blad: '''Yochai Benkler''' is die Jack N. en Lillian R. Berkman Professor in Entrepreneur Regstudies aan die Harvard Regskool en skrywer van ''The Wealth of Networks''. == Biografie == Benkl...)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Yochai Benkler is die Jack N. en Lillian R. Berkman Professor in Entrepreneur Regstudies aan die Harvard Regskool en skrywer van The Wealth of Networks.

Biografie

Benkler ontvang sy LL.B. van die Tel-Aviv Universiteit in 1991 en sy J.D. van Harvard Regskool in 1994. Hy werk by die Regsfirma Ropes & Gray van 1994 tot 1995. Hy doen sy klerkskap by die VSA Hooggeregshof onder regter Stephen G. Breyer van 1995 tot 1996.

Hy was 'n professor aan die New York Universiteit Regskool van 1996 tot 2003, besoekende professor aan die Yale Regskool en Harvard Regskool (gedurende 2002 tot 2003), voordat hy by die Yale Regskool aansluit in 2003. In 2007 aanvaar Benkler ‘n senior pos by die Harvard Regskool.

Werke

Benkler se navorsing fokus op gemeenskaplik gebaseerde benaderings tot die bestuur van hulpbronne in genetwerkte omgewings. Hy skep die term gemeenskaplike gebaseerde eweknieproduksie (Engels: commons-based peer production) ten einde medewerkende skeppings te beskryf soos ‘n gratis en oopbronsagteware en sosiale netwerk produkte soos Wikipedia wat ontstaan weens die gemeenskaplike deel van inligting en kennis.

Hy gebruik ook die term genetwerkte informasie ekonomie wat hy defineer as 'n "stelsel van produksie, verspreiding en verbruik van informasie goedere wat gekenmerk word deur gedesentraliseerde individuele aksie wat uitgevoer word deur ongetemde verspreiding, nie-markgerigte metodes wat nie afhanklik is van markstrategieë nie" (Benkler 2006, p. 3). Benkler se boek The Wealth of Networks (Benkler 2006) ondersoek die wyses waarop informasietegnologie uitgebreide vorms van samewerking toelaat wat potensieël transformatiewe gevolge vir die gemeenskap en ekonomie mag hê. Wikipedia, Creative Commons, oopbron sagteware en die webjoernaalsfeer is voorbeelde waarna Benkler verwys. (The Wealth of Networks is gepubliseer onder ‘n Creative Commons lisensie).

Benkler argumenteer dat webjoernale en ander metodes van deelnemende kommunikasie kan lei tot "'n meer kritiese en self-peinsende kultuur," waarin burgers bemagtig word deur hul vermoë om hul eie opinies te publiseer oor ’n reeks onderwerpe. 'n Groot gedeelte van The Wealth of Networks word aangebied in ekonomiese terme, en Benkler opper die moontlikheid dat 'n kultuur waarin informasie meer vryelik gedeel word moontlik meer ekonomies doeltreffend is as een waarin innovasie dikwels deur patente en kopiereg beskerm word, aangesien die marginale koste om die meerderheid van informasie te reproduseer effektief niks is nie.

Volgens Benkler het die mens toenemend toegang tot goedkoop proseseerders wat die manipulasie van informasie, storing, kommunikasie binne die bereik van baie mense bring. Dit is die kombinasie van lae-koste persoonlike rekenaars en die internet wat dié tipe gesamentlike optrede moontlik maak. Sake wat normaalweg sleg sou verdwyn as sosiale gebare het nou ‘n vashoudenheid as ekonomiese produkte. Dit verskil radikaal van enigiets sedert die industriële revolusie.

Benkler stel dit dat individue vandag platforms en gereedskap kan gebruik wat aanneem dat wat jy doen fasilitering en deelname is in teenstelling daarmee om 'n finale produk vir die verbruiker daar te stel. Benkler verwys na die voorbeeld van Skype. 'n Platform is geskep wat individue in staat stel om persoonlike rekenaars se oorskot vermoë te benut om geskakeldheid te produseer. Niemand het 'n netwerk geskep vir Skype nie, alhoewel die miljoen of 2 milljoen mense aanlyn hulpbronne beskikbaar gestel het. Daar is ook geen komersieële transaksie tussen die deelnemers nie.


Geselekteerde Publikasies

Boeke

  • The Wealth of Networks: How Social Production Transforms Markets and Freedom (Yale University Press 2006)
  • Rules of the Road for the Information Superhighway: Electronic Communications and the Law (West Publishing, 1996 & 1997)