OpenStreetMap
OpenStreetMap | |
---|---|
![]() | |
![]() | |
Tipe webblad | digitale padkaart |
Taal(e) | Ten minste 151 gebiedsvertalings en onbeperkte aantal kaarttale[1] |
Registrasie | nodig vir bydraers |
Eienaar | OpenStreetMap gemeenskap. Projekondersteuning deur OpenStreetMap Foundation[2] |
Outeur | Die gemeenskap |
Opgerig | 1 Julie 2004 |
Huidige status | Aktief |
URL | www.openstreetmap.org |
OpenStreetMap (OSM) is 'n "kopielinkse" digitale padkaart wat ontwerp is om deur enigiemand gewysig te kan word. Die kaart word geskep uit data wat opgeneem word deur GPS-ontvangers, lugfoto's en ander gratis bronne. Die kaart kan dan geprojekteer word in 'n geografiese koördinatestelsel, gebruik word vir roete beplanning of gebruik word vir geografiese soektogte.
Geskiedenis

OpenStreetMap is in 2004 gestig deur Steve Coast. Die drywers vir die projek was die hoë koste van kwaliteit geografiese data in die Verenigde Koninkryk en die beskikbaarheid van akkurate GPS ontvangers.
In 2006 het Yahoo! ingestem dat hulle lugfoto's vir die projek gebruik kan word. Dit het die gemeenskap in staat gestel om die hele Pretoria en groot dele van Johannesburg en Kaapstad te voltooi.
Werkswyse
Deelnemers verken nuwe areas en gebruik GPS ontvangers, kameras, persoonlike digitale assistente en / of pen en papier om data bymekaar te maak. Daarna word OSM redigeerings sagteware gebruik om dit by die sentrale databasis te voeg. Hierdie veranderings kan tot 'n week of meer neem voordat dit gepubliseer word in al die verskillende formate.
Die munisipale grense sowel as amptelike plekname volgens die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad is reeds ingevoer.
Verwysings
- ↑ "Translating OpenStreetMap" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 27 Julie 2015.
- ↑ "FAQ". OpenStreetMap Wiki (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 15 April 2011.
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met OpenStreetMap. |