Gaan na inhoud

Java (eiland)

Koördinate: 7°29′S 110°00′O / 7.483°S 110.000°O / -7.483; 110.000
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur KabouterBot (besprekings | bydraes) op 18:23, 19 April 2020 (Robot: standardisering van verwysingsjablone en invoeging van argiefskakels. Ondersteun: shorturl.at/klqM2)
Java
Inheemse naam: Jawa / ꦗꦮ / ᮏᮝ
Topografiese kaart van Java
Topografiese kaart van Java
Geografie
Ligging Suidoos-Asië
Koördinate 7°29′S 110°00′O / 7.483°S 110.000°O / -7.483; 110.000
Argipel Groot Soenda-eilande

Oppervlakte 138 793,6 vk km
Hoogste punt Berg Semeru 3 676 m
Administrasie
Vlag van Indonesië Indonesië
Provinsies Bantam, Jakarta Spesiale hoofstadstreek, Wes-Java, Sentraal-Java, Oos-Java, Jogjakarta Spesiale streek

Hoofstad Djakarta
Grootste stad Djakarta (8 962 000)

Demografie
Bevolking 145 000 000

Bevolkingsgroepe Han-Chinese, Javane, Madurese, Maleiers, Soendanese
Die wêreld se 13de grootste eiland

Java (Indonesies: Jawa; Javaans: ꦗꦮ, Soendanees: ᮏᮝ), die wêreld se 13de grootste eiland, beslaan 'n oppervlakte van 138 793,6 km² en word begrens deur die oop Indiese Oseaan in die suide en die Javasee in die noorde. Java is die kleinste, maar mees bevolkte en mees suidelike van die vier Groot Soenda-eilande asook die vyfde grootste eiland van die eilandnasie Indonesië. Dit is in die ooste van Sumatra, in die suide van Borneo en in die weste van die Klein Soenda-eilande geleë.[1] Die Javasee word in weste deur die Soenda-straat en in die ooste deur die Bali-straat met die Indiese Oseaan verbind.

Nasa-Satellietbeeld van Java
Djakarta, Indonesië se hoofstad en grootste stad op Java
Tale wat op Java gepraat word

Java is met 'n bevolking van meer as 145 miljoen die meesbevolkte eiland in die wêreld en ook een van die digbevolkste gebiede in die wêreld. Dit is die kleinste van die vier Groot Soenda-eilande, maar ook die belangrikste een. In Java se noordweste is Djakarta, Indonesië se hoofstad en grootste stad, geleë.

Java se naam is moontlik afgelei van die Sanskrit-woord yava vir "gierst", 'n groep soortgelyke, dog verskillende grane wat 'n belangrike stapelvoedsel in Asië vorm.[2]

Java se geologie is gekenmerk deur baie aktiewe vulkane wat dié eiland van wes na oos gevorm het. Net wes van Java is die Krakatoa geleë, veral bekend vir die enorme uitbarsting in 1883. Java se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel.

Geografie

Stede

Naam Gebied Stad
Djakarta (Jabotabek) 18 924 470 8 579 263
Bandung 6 492 753 1 601 767
Surabaya 4 112 098 2 336 843
Cirebon 1 738 348 253 986
Jogjakarta 1 611 752 703 753
Semarang 1 583 573 1 283 279
Tegal 1 263 997 237 415
Surakarta 1 240 955 563 208
Malang 1 038 247 755 371

Provinsies

Provinsie of besondere streek Hoofstad Oppervlakte
(km²)
Oppervlakte
(%)
Bevolking
(2000-sensus)[3]
Bevolking
(2010-sensus)[3]
Bevolking
(2015-sensus, voorlopig)[3]
Bevolkings
digtheid (2015)
Banten Serang 9 662,92 7,1 8 098 277 10 632 166 11 934 373 1 235
Djakarta 664,01 0,5 8 361 079 9 607 787 10 154 134 15 292
Wes-Java Bandoeng 35 377,76 27,1 35 724 093 43 053 732 46 668 224 1 319
Westelike Java-streek
(3 gebiede bo)
45 704,69 34,7 52 183 449 63 293 685 68 756 731 1 504
Sentraal-Java Semarang 32 800,69 25,3 31 223 258 32 382 657 33 753 023 1 029
Jogjakarta Jogjakarta 3 133,15 2,4 3 121 045 3 457 491 3 675 768 1 173
Sentrale Java-streek
(2 gebiede bo)
35 933,84 27,7 34 344 303 35 840 148 37 428 791 1 041
Oos-Java Surabaya 47 799,75 37,3 34 765 993 37 476 757 38 828 061 812
Java-streek Djakarta 129 438,28 100% 121 293 745 136 610 590 145 013 583 1 120
Madura van Oos-Java
5 025,30 3,3 3 230 300 3 622 763 3 724 545 741
Java
124 412,98 96,7 118 063 445 132 987 827 141 300 000 1 136

Verwysings

  1. "Java" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2020. Besoek op 4 Augustus 2017.
  2. (en) Raffles, Thomas E. (1965). The History of Java. Oxford University Press. p. 3.
  3. 3,0 3,1 3,2 "Indonesia (Urban City Population): Provinces & Cities – Statistics & Maps on City Population" (in Duits). Citypopulation.de. 1 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2019. Besoek op 17 Julie 2013.

Eksterne skakels