Gaan na inhoud

Android

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Minorax (besprekings | bydraes) op 04:31, 17 April 2020 (Wysigings deur 114.125.213.212 teruggerol na laaste weergawe deur Voyageur)
Android
Be together. Not the same.
Lêer:Android Q Beta6 screenshot.png
Android 10

Ontwikkelaar Google
Open Handset Alliance
Aanvanklike vrystelling 23 September 2008[1]
Nuutste weergawe 10/ 3 September 2019
Programmeertaal C (core), C++, Java (UI)[2]
Platform 32-bit en 64-bit ARM, MIPS,[3] x86,[4] x86-64
Beskikbaar in Veeltalig (100+ tale, insluitende Afrikaans)
Lisensie Apache License 2.0
gemodifiseerde Linux kernel onder GNU GPL v2[5]
Webblad www.android.com

Android [ˈændɹɔɪd] is 'n oopbron-bedryfstelsel en sagteware-platform vir mobiele toestelle soos slimfone, selfone, mediaspelers, netboeke en tabletrekenaars wat deur die Open Handset Alliance ontwikkel word, 'n konsortium van 84 ondernemings uit die inligtingstegnologie- en telekommunikasiebedryf wat belangstelling het in die bevordering van oop standaarde vir mobiele toestelle en wat deur die Amerikaanse maatskappy Google in die lewe geroep is.[6][7] Android is die geesteskind van Andy Rubin, eienaar van die IT-maatskappy Android Inc wat in 2005 deur Google uitgekoop is.

Die Android-bedryfstelsel is gebaseer op Linux en dit word vrygestel onder die Apache-lisensie. Die vervaardigers van selfone wat van Android gebruik maak, is onder andere Motorola, HTC, Huawei, Samsung en LG.

Android was tot kort voor die openbare bekendstelling op 5 November 2007 bekend as die gPhone. Dié bekendstelling het gepaard gegaan met die stigting van die Open Handset Alliance.

Verwysings

  1. (en) "Announcing the Android 1.0 SDK, release 1". 9 September 2008. Besoek op 5 Desember 2014.
  2. (en) "Android Code Analysis". Besoek op 5 Desember 2014.
  3. (en) "MIPS gets sweet with Honeycomb". Eetimes.com. Besoek op 5 Desember 2014.
  4. (en) Shah, Agam (1 Desember 2011). "Google's Android 4.0 ported to x86 processors". Computerworld. International Data Group. Besoek op 5 Desember 2014.
  5. (en) "Licenses". Android Open Source Project. Open Handset Alliance. Besoek op 5 Desember 2014.
  6. "Open Handset Alliance". Open Handset Alliance. Besoek op 6 November 2007.
  7. Jackson, Rob (10 Desember 2008). "Sony Ericsson, HTC Androids Set For Summer 2009". Android Phone Fans. Besoek op 3 September 2009.

Eksterne skakels