Android
Android | |
![]() | |
Lêer:Android Q Beta6 screenshot.png | |
Android 10
| |
Ontwikkelaar | Google Open Handset Alliance |
---|---|
Aanvanklike vrystelling | 23 September 2008[1] |
Nuutste weergawe | 10/ 3 September 2019 |
Programmeertaal | C (core), C++, Java (UI)[2] |
Platform | 32-bit en 64-bit ARM, MIPS,[3] x86,[4] x86-64 |
Beskikbaar in | Veeltalig (100+ tale, insluitende Afrikaans) |
Lisensie | Apache License 2.0 gemodifiseerde Linux kernel onder GNU GPL v2[5] |
Webblad | www.android.com |
Android [ˈændɹɔɪd] is 'n oopbron-bedryfstelsel en sagteware-platform vir mobiele toestelle soos slimfone, selfone, mediaspelers, netboeke en tabletrekenaars wat deur die Open Handset Alliance ontwikkel word, 'n konsortium van 84 ondernemings uit die inligtingstegnologie- en telekommunikasiebedryf wat belangstelling het in die bevordering van oop standaarde vir mobiele toestelle en wat deur die Amerikaanse maatskappy Google in die lewe geroep is.[6][7] Android is die geesteskind van Andy Rubin, eienaar van die IT-maatskappy Android Inc wat in 2005 deur Google uitgekoop is.
Die Android-bedryfstelsel is gebaseer op Linux en dit word vrygestel onder die Apache-lisensie. Die vervaardigers van selfone wat van Android gebruik maak, is onder andere Motorola, HTC, Huawei, Samsung en LG.
Android was tot kort voor die openbare bekendstelling op 5 November 2007 bekend as die gPhone. Dié bekendstelling het gepaard gegaan met die stigting van die Open Handset Alliance.
Verwysings
- ↑ (en) "Announcing the Android 1.0 SDK, release 1". 9 September 2008. Besoek op 5 Desember 2014.
- ↑ (en) "Android Code Analysis". Besoek op 5 Desember 2014.
- ↑ (en) "MIPS gets sweet with Honeycomb". Eetimes.com. Besoek op 5 Desember 2014.
- ↑ (en) Shah, Agam (1 Desember 2011). "Google's Android 4.0 ported to x86 processors". Computerworld. International Data Group. Besoek op 5 Desember 2014.
- ↑ (en) "Licenses". Android Open Source Project. Open Handset Alliance. Besoek op 5 Desember 2014.
- ↑ "Open Handset Alliance". Open Handset Alliance. Besoek op 6 November 2007.
- ↑ Jackson, Rob (10 Desember 2008). "Sony Ericsson, HTC Androids Set For Summer 2009". Android Phone Fans. Besoek op 3 September 2009.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Android.
- Android-tuisblad
- Android devices
- Android Wiki
- Google Android
- Google Play
- Android Speletjies