Roger Federer
| Roger Federer in 2015 | ||
| Bynaam | Swiss Maestro[1] Federer Express Fed Express FedEx[2] | |
|---|---|---|
| Land | ||
| Woonplek | Bottmingen, Switserland[3] | |
| Geboortedatum | 8 Augustus 1981[4] | |
| Geboorteplek | Basel, Switserland[4] | |
| Lengte | 1,85 m[4] | |
| Gewig | 85 kg[4] | |
| Begin professioneel | 1998[4] | |
| Spelstyl | Regshandig (eenhandig handrughou)[4] | |
| Loopbaan-wengeld | $124 293 122[4] (2de van alle tye) | |
| Amptelike webblad | rogerfederer.com | |
| Enkelspel | ||
| Loopbaanrekord | 1208–264 (82,1%)[4] | |
| Loopbaantitels | 101[4] (2de van die Ope-tydperk) | |
| Hoogste rang | No. 1 (2 Februarie 2004)[4] | |
| Huidige rang | No. 3 (10 Junie 2019)[4] | |
| Grand Slam-uitslae | ||
| Australiese Ope | W (2004, 2006, 2007, 2010, 2017, 2018) | |
| Franse Ope | W (2009) | |
| Wimbledon | W (2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2009, 2012, 2017) | |
| VSA-Ope | W (2004, 2005, 2006, 2007, 2008) | |
| Toereindronde | W (2003, 2004, 2006, 2007, 2010, 2011) | |
| Olimpiese Spele | ||
| Dubbelspel | ||
| Loopbaan-rekord | 130–89 (59,4%)[4] | |
| Loopbaantitels | 8[4] | |
| Hoogste rang | No. 24 (9 Junie 2003)[4] | |
| Huidige rang | — (10 Junie 2019)[4] | |
| Australiese Ope | 3R (2003) | |
| Franse Ope | 1R (2000) | |
| Wimbledon | KE (2000) | |
| VSA-Ope | 3R (2002) | |
| Olimpiese Spele | ||
| Laaste opgedateer op: 14 Julie 2019. | ||
Roger Federer (Duits: [ˈrɔdʒər ˈfeːdərər]; gebore 8 Augustus 1981 in Basel, Switserland) is ’n Switserse professionele tennisspeler en tans no. 3 op die wêreldranglys van mansenkelspelspelers volgens die ATP.[5] Baie kenners en tennisspelers glo Federer is moontlik die beste speler in die geskiedenis van tennis. Sy ma, Lynette Federer (née Durand), is ’n Suid-Afrikaner en hy het self ook Suid-Afrikaanse burgerskap.



Federer het al 20 Grand Slam-titels gewen tydens mansenkelspeltoernooie (hy het al aan 74 deelgeneem), die meeste in die geskiedenis vir ’n manstennisspeler. Hy het die Wimbledon-kampioenskapstoernooi agt keer gewen (’n rekord), die Australiese Ope ses keer, die Amerikaanse Ope vyf keer (almal agtereenvolgens; ’n rekord) en die Franse Ope een keer. Hy is een van net agt mans met ’n loopbaan-Grand Slam agter sy naam. In 2004 het hy die eerste speler sedert Mats Wilander geword wat drie van die vier Grand Slam-enkelspeltoernooie in dieselfde jaar wen: die Australiese Ope, Wimbledon en die Amerikaanse Ope. Hy het ook al ses Tennis Masters Cup-titels en 27 ATP Masters Series-titels gewen.
Federer het die ATP se no.1-posisie vir ’n rekord van 310 weke beklee. Hy het ook van 2 Februarie 2004 tot 17 Augustus 2008 die no. 1-wêreldposisie vir ’n rekord van 237 agtereenvolgende weke beklee. Op 8 Julie 2007 het hy Björn Borg se rekord van vyf agtereenvolgende seges op Wimbledon geëwenaar.
Federer se spel is veelsydig,[6] en sy oënskynlik maklike en doeltreffende bewegings het hom gewild onder tennisaanhangers gemaak.
Loopbaan
2003
Federer het sy eerste Grand Slam-enkelspeltitel op Wimbledon gewen deur Andy Roddick in die halfeindstryd en Mark Philippoussis in die eindstryd te klop.[7] In Augustus het hy die kans gehad om die no. 1-spelersposisie van Andre Agassi af te neem as hy dit tot die Montreal-eindstryd kon maak. Hy het egter in die halfeindstryd teen Roddick verloor en was daarna 120 punte agter Agassi.[8]
Hy het sy eerste en tot dusver enigste Masters Series 1000-dubbelspel in Miami verloor saam met Max Mirnyi[9] en deurgedring tot een Masters Series 1000-enkelspel in Rome op klei, wat hy verloor het.[7] Federer het deurgedring tot nege einstryde op die ATP-toer en het sewe gewen.[7] Hy het die jaar geëindig as no. 2-speler, met Andy Roddick wat met 160 punte voorgeloop het.[7]
2004
In dié jaar het Federer drie Grand Slam-enkelspeltitels gewen, die eerste persoon sedert Mats Wilander in 1988. Ná sy oorwinning oor Marat Safin in die Australiese Ope het hy vir die eerste keer die wêreld se no. 1-speler geword. Hy het Roddick op Wimbledon geklop vir sy tweede oorwinning in dié kampioenskapstoernooi.[10] In die VSA-Ope het hy die kampioen, Lleyton Hewitt, geklop en sy eerste oorwinning daar behaal.[10]
Federer het drie ATP Masters Series 1000-geleenthede gewen, die een op klei in Hamburg en die ander twee op harde oppervlakke by Indian Wells en in Kanada.[10] Hy het ook die ATP 500-toernooi in Doebai gewen, asook sy eerste toernooi op eie bodem in die Switserse Ope in Gstaad. Sy 11 ekelspeltitels was die meeste deur enige speler in twee dekades, en sy rekord van 74-6 was die beste sedert Ivan Lendl in 1986.
2005
In 2005 kon Federer nie die einstryd van die eerste twee Grand Slam-toernooie haal nie; hy het in die Australiese Ope teen die eindelike wenner, Safin, verloor en in die Franse Ope teen die eindelike wenner, Rafael Nadal.[11] Hy het egter weer sy meersterskap op gras getoon deur Roddick op Wimbledon te klop. In die VSA-Ope het hy Agassi geklop in dié se laaste groot eindstryd.[11]
Federer het ook vier ATP Masters Series 1000-toernooie gewen: Indian Wells, Miami en Cincinnati op harde bane en Hamburg op klei.[11] Die een in Miami was die eerste eindstryd tussen hom en Nadal. Hy het ook twee ATP 500-reekse in Rotterdam en Doebai gewen.[11] Van September af was hy vir feitlik die hele jaar buite aksie weens ’n voetbesering.[12] Hy was die hele seisoen no. 1.[11]
Federer se 81 oorwinnings was die meeste sedert dié van Pete Sampras in 1993.
2006
Die 2006-seisoen was statisties gesproke die beste van Federer se loopbaan. Hy het 12 enkelspeltitels gewen (die meeste deur enige speler sedert Thomas Muster in 1995 en John McEnroe in 1984) en het ’n wedstrydrekord van 92-5 gehad (die meeste wenslae sedert Lendl in 1982). Hy het in 16 van die 17 toernooie waarin hy gespeel het die einstryd gehaal.
In dié jaar het Federer drie Grand Slam-enkelspeltitels gewen en die einstryd van die vierde een gehaal – sy enigste nederlaag was teen Nadal in die Franse Ope. Dit was sy en Nadal se eerste botsing in ’n Grand Slam-eindstryd.[13] Hy was die eerste man wat die eindstryd van al vier Grand Slams gehaal het sedert Rod Laver in 1969. Federer het Nadal op Wimbledon geklop, Marcos Baghdatis in die Australiese Ope[13] en Roddick in die VSA-Ope.[13] Daarbenewens het hy ses ATP Masters Series 1000-eindstryde gehaal; hy het vier op harde oppervlakke gewen en twee op klei teen Nadal verloor.
Federer het in 2006 net teen twee spelers verloor: vier keer teen Nadal in eindstryde en een keer teen die 19-jarige Andy Murray in die tweede rondte van die Cincinnati Masters – dit was sy enigste nederlaag in dié jaar voordat hy die eindstryd gehaal het.
Na aan die einde van die seisoen het hy sy tuisstadtoernooi, die Swiss Indoors in Basel, Switserland, vir die eerste keer gewen.
2007
In 2007 het Federer die eindstryd van al vier Grand Slams gehaal en weer drie daarvan gewen. Hy het Fernando González in die Australiese Ope geklop sonder om ’n stel af te staan – hy was die eerste man wat dit in die 21ste eeu reggekry het nadat Björn Borg dit in 1980 in die Franse Ope laas gedoen het.[14] Nadat Federer sy vierde Doebai-kroon gewen het, het hy al 41 wedstryde agtermekaar gewen, die meeste in sy loopbaan en net vyf minder as die rekord.

Hy het daarna aan Indian Wells deelgeneem as die verdedigende kampioen, maar sy geluk het omstrede geëindig toe hy verslaan is deur die Argentiniër Guillermo Cañas, wat nie ’n dwelmtoets geslaag het nie.[15] Tydens die kleiseisoen was Federer se oorwinning in Hamburg veral indrukwekkend, want dit het Nadal se 81 agtereenvolgende oorwinnings op klei beëindig. By die Franse Ope is verwag Federer sal die eerste man in byna 40 jaar word wat al vier Grand Slams in ’n jaar wen, maar hy het teen Nadal verloor.[16]
Op Wimbledon was hy die vierde keer die verdedigende kampioen nadat hy 48 keer agtermekaar op gras gewen het. Hy het Nadal weer geklop, nes die vorige jaar. Dit was sy vyfde agtereenvolgende Wimbledon-oorwinning, die eerste persoon sedert Björn Borg wat dit reggekry het.
Federer het die einstryd in Montreal gehaal, waar hy teen ’n jong en relatief onbekende Serwiër met die naam Novak Djokovic te staan gekom het. Djokovic het die wêreld se no. 1-speler geklop. Federer het daarna in Cincinnati sy vyfde titel van die jaar gewen. In die Franse Ope het hy weer teen Djokovic te staan gekom in die eindstryd, maar dié keer geseëvier. Tydens die VSA-Ope het die pers hom "Darth Federer" gedoop vanweë sy swart uitrustings, en elke keer wanneer hy vir ’n wedstryd aangekondig is, is The Imperial March uit Star Wars gespeel.[17] Hy het dié jaar ook in Basel en Shanghai gewen.
Aan die einde van die seisoen was hy die vierde keer agtereenvolgens die wêreld se no. 1-speler nadat hy in dié vier jaar 11 Grand Slam-enkelspeltitels gewen het. Hy was die enigste speler in die geskiedenis wat drie keer drie Grand Slams in ’n jaar kon wen (2004, 2006 en 2007).[18][19][20][21]
2008
Federer se sukses in 2008 is in die wiele gery deur aanhoudende klierkoors, waaraan hy in die eerste helfte van die jaar gely het.[22] Aan die einde van die jaar het hy ’n rugbesering opgedoen.
Hy het in dié jaar een Grand Slam gewen: ’n enkelspeltitel teen Andy Murray in die VSA-Ope.[23] Nadal het Federer in twee Grand Slam-eindstryde geklop: die Franse Ope en Wimbledon.[23] In die Australiese Ope het hy in die halfeindstryd teen die eindelike wenner, Djokovic, verloor. Dit het die einde beteken van sy rekord van 10 agtereenvolgende eindstryde.[23] Hy het in twee Masters Series 1000-eindstryde teen Nadal verloor: in Monte Carlo en Hamburg.[23]
Op die Olimpiese Spele het Federer en Stan Wawrinka die dubbelspel- goue medalje gewen deur die Sweedse paar Simon Aspelin en Thomas Johansson in die einstryd te klop.[24] As enkelspelspeler kon hy net die kwarteindstryd haal.[25] Aan die einde van die jaar was hy die wêreld se no. 2-speler.
2009

Federer het die 2009-seisoen binnegegaan met 13 Grand Slams agter sy naam, net een minder as Pete Sampras se rekordgetal. Die seisoen het begin met ’n nederlaag teen Nadal in die eindstryd van die Australiese Ope.[26]
Federer het in die finale meesterstoernooi van die kleiseisoen weer geluk behaal deur Nadal slegs die tweede keer op klei te wen in die Madrid-meesterstoernooi.[27] In die Franse Ope het hy teen Robin Söderling te staan gekom. Hy het hom geklop en sy loopbaan-Grand Slam voltooi.[28] Hy het hiermee ook Sampras se rekord van die meeste Grand Slam-enkelspeltitels geëwenaar.
Op Wimbledon het hy teen sy ou teenstander Roddick te staan gekom in hul agtste en laaste stryd in ’n Grand Slam. Federer het sy 15de Grand Slam-enkelspeltitel behaal en daarmee Sampras se rekord verbeter.
Daarna het hy Djokovic in die Cincinnati-meesterstoernooi geklop,[27] maar hy is in die VSA-Ope deur ’n jong Juan Martín del Potro verslaan.[27]
Hy die jaar vir die vyfde keer as die wêreld se no. 1-speler geëindig.
2010

Federer het die jaar begin met ’n oorwinning in die Australiese Ope[29] deur Andy Murray in die eindstryd in drie stelle te klop. Hiermee het hy sy 16de Grand Slam-titel gewen en Andre Agassi se rekord van vier Australiese Ope-titels geëwenaar.[23] Sedert Wimbledon 2005 het Federer 18 van 19 Grand Slam-einstryde gehaal.
In die Franse Ope het Federer vir die eerste keer sedert die Franse Ope van 2004 nie ’n Grand Slam-halfeindstryd gehaal nie deur in die laaste 8 teen Söderling te verloor. Hy het daarmee sy rang as no. 1 verloor,[29] net een week voordat hy Sampras se rekord van 286 weke as no. 1 sou ewenaar. Op Wimbledon het hy weer in die laaste 8 verloor, dié keer teen Tomáš Berdych, en vir die eerste keer in ses jaar en agt maande tot no. 3 geval.[30]
Teen middel Julie het Federer Pete Sampras se ou afrigter, Paul Annacone, by wyse van proefneming gehuur om sy loopbaan weer op dreef te kry.[31] In die VSA-Ope het hy die halfeindstryd gehaal, waar hy teen Djokovic verloor het.[29] Federer het vier Masters 1000-eindstryde gehaal en in die Cincinnati-meesterstoernooi teen Mardy Fish gewen.[32]
Federer het ook in die binnenshuise toernooie die Stockholm-Ope, Swiss Indoors en die toereindtoernooi in Londen gewen, en dit het sy loopbaantitels op 66 te staan gebring.
2011
2011 was nie ’n uitstekende jaar vir Federer nie, maar goed volgens die meeste spelers se standaarde. Hy is in die Australiese Ope deur die eindelike wenner, Djokovic, geklop.[33] In die halfeindstryd van die Franse Ope het hy Djokovic se reeks van 43 agtereenvolgende oorwinnings beëindig deur hom te klop, maar hy het in die eindstryd teen Nadal verloor.
Op Wimbledon het Federer tot sy 29ste agtereenvolgende Grand Slam-kwarteindstryd gevorder, maar teen Jo-Wilfried Tsonga verloor. In die VSA-Ope het hy in die halfeindstryd teen Djokovic verloor. Dié nederlaag het beteken Federer het vir die eerste keer sedert 2002 nie een van die Grand Slam-titels gewen nie.[34]
In September 2011 is Federer in ’n Suid-Afrikaanse meningspeiling gekies as die betroubaarste en mees gerespekteerde mens in die wêreld naas Nelson Mandela.[35][36]
Federer het goed gevaar in die binnenshuise toernooie en die laaste drie gewen: die Swiss Indoors, Paryse Meesters en ATP World Tour Finals. Hy het die jaar as die no. 3-speler geëindig.[37]
2012
In die 2012-seisoen het Federer die meeste wedstryde sedert 2006 gewen. Hy het die eindronde van die Australiese Ope gehaal, waar hy teen Nadal verloor het. Hy het die Rotterdamse Ope vir die eerste keer sedert 2005 gewen deur Del Potro te klop. In die Doebai-tenniskampioenskapsbyeenkoms het hy Andy Murray in die einsdstryd geklop en die titel vir die vyfde keer in sy loopbaan gewen. By Indian Wells het hy Nadal in die halfeindstryd geklop en John Isner in die eindstryd.

In die Madrid-meesterstoernooi het hy Berdych in die eindstryd geklop en die no. 2-posisie by Nadal afgeneem. In die Franse Ope het hy in die halfeindstryd teen Djokovic verloor.[38][39]
Op Wimbledon het Federer in die eindstryd ’n oorwinning oor Andy Murray behaal[40] en sy no. 1-posisie teruggewen.[41] Dit was sy sewende Wimbledon-titel en daarmee het hy Pete Sampras se Ope-era-rekord geëwenaar.[42] Hy het ook Sampras se rekord van 286 weke boaan die ranglys verbeter.[43]
Op die Olimpiese Spele het Federer in die halfeindstryd van 4 uur 26 minute teen Del Potro gewen.[44] In ’n talmende eindstryd het hy teen Murray verloor en ’n silwermedalje vir sy land gewen.[45]
In die Cincinnati-Ope het hy Djokovic in die eindstryd geklop.[46] In die VSA-Ope het hy in die kwarteindsryd teen Berdych verloor.[47]
Ná sy oorwinning oor Wawrinka in die Shanghai-meesterstoernooi was hy 300 weke lank no. 1. Federer het die eindstryd van die ATP Finals gehaal, waar hy teen Djokovic verloor het.[48][49]
2013
Federer het in Maart en Julie met rugbeserings gesukkel en sy posisie het tot no. 6 gedaal. Dit was die eerste jaar sedert 1999 dat hy in die eerste vier maande van die jaar nie ’n enkele eindstryd gehaal het nie.
Sy eerste en enigste titel in 2013 was toe hy die Gerry Weber-Ope gewen het deur Mikhail Youzhny te klop. Op Wimbledon het hy sy grootste Grand Slam-nederlaag sedert 2003 gely toe hy in die tweede rondte deur Sergiy Stakhovsky geklop is. Nie net het dit sy rekord van 36 agtereenvolgende Grand Slam-kwarteindstryde kortgeknip nie;[50] dit het ook meegebring dat hy vir die eerste keer sedert Julie 2003 nie onder die topvier-manstennisspelers was nie.[51]
Hierna het hy sleg gevaar in Hamburg en Gstaad weens ’n ernstige rugbesering. In Oktober het hy aangekondig sy weë met sy afrigter van drie jaar, Paul Annacone, gaan skei.[52] Federer het die eindstryd in Basel gehaal en teen Del Potro verloor. Hy het daarna erken dit was ’n fout om in sekere toernooie te speel terwyl hy aan ’n rugbesering ly.[53]
Op 27 Desember 2013 het hy aangekondig dat Stefan Edberg by sy span sal aansluit as medeafrigter saam met Severin Lüthi.[54]
2014
Federer het die seisoen begin deur vir die eerste keer in sy loopbaan van rakette te verander, van 90 tot 97 vierkante duim. Sy grootste mededingers soos Nadal en Djokovic het reeds kragtiger rame van tussen 95 en 100 vierkante duim gebruik.[55][56]
In die Australiese Ope het Federer Jo-Wilfried Tsonga en Andy Murray geklop en deurgedring tot sy 11de agtereenvolgende halfeindstryd in Melbourne voordat hy teen Nadal verloor het. In Doebai het hy Djokovic in die halfeindronde en daarna Berdych in die eindstryd geklop om sy sesde Doebai-kroon en sy eerste titel sedert Halle in 2013 te verower.[57] Hy het tot die eindstryd deurgedring by Indian Wells, maar teen Djokovic verloor.
In Junie het Federer aangekondig dat hy aan die einde van sy derde termyn gaan bedank as voorsitter van die ATP-spelersraad, ’n posisie wat hy sedert 2008 beklee het.[58][59][60] In die Halle-Ope het hy die enkel- en dubbelspeleindstryd gehaal en sy sewende Halle-enkelspeltitel gewen deur Alejandro Falla in die eindstryd te klop. Op Wimbledon het hy sy negende eindstryd gehaal, maar teen Djokovic verloor in ’n epiese vyfstelwedstryd.
Federer het in die Kanadese Ope tot die eindronde deurgedring, maar is deur Tsonga verslaan. Federer het daarna teen David Ferrer van Spanje gewen om sy sesde Cincinnati-kroon en 22ste ATP World Tour Masters 1000-titel te verower, sy eerste in Cincinnati sedert 2012. In die VSA-Ope het hy in die halfeindstryd teen die eindelike kampioen, Marin Čilić, verloor. By die Davisbekereindstryd het hy albei sy enkelspelwedstryde teen Italië gewen en Switserland na die eindstryd gelei, hul eerste keer sedert 1992.[61]
In die Shanghai-meesterstoernooi het hy teen die Fransman Gilles Simon gewen en sy 23ste Masters 1000-titel verower. Hy het daarmee teruggekeer na die no. 2-posisie, vir die eerste keer sedert Mei 2013.
Ondanks las van ’n rugbesering het Federer die seisoen op ’n hoogtepunt geëindig deur teen Richard Gasquet van Frankryk te wen en Switserland te help om die Davisbeker vir die eerste keer in die geskiedenis te wen.[62]
2015
Federer het die seisoen begin by die Brisbane Internationaal. Hy het Milos Raonic in die eindstryd verslaan en daardeur die derde man in die Ope-era geword met 1 000 of meer oorwinnings, saam met Jimmy Connors en Ivan Lendl, asook die eerste man in die Ope-era wat minstens een titel in elk van 15 agtereenvolgende jare gewen het.[63] In Doebai het hy sy titel suksesvol teen Djokovic verdedig en daarmee sy sewende titel in dié toernooi gewen.[64] In Maart het hy die eindstryd by Indian Wells gehaal, maar teen die verdedigende kampioen, Djokovic, verloor.[65]
Federer het sy derde titel van die seisoen in die Istanbul-Ope op klei behaal. In die Italiaanse Ope het hy die eindstryd gehaal, maar hy kon nie sy eerste titel daar wen nie; hy het teen Djokovic verloor.[66] In die kwarteindstryd van die Franse Ope het hy teen die eindelike kampioen, Wawrinka, verloor.[67]
Aan die begin van die grasseisoen het hy sy agtste titel in die Gerry Weber-Ope behaal en die derde man in die Ope-era geword wat ’n titel agt keer wen.[68] Op Wimbledon het hy Andy Murray in die halfeindstryd geklop en tot sy 10de Wimbledon-eindstryd deurgedring, maar hy het in vier stelle teen Djokovic verloor.[69]
Hy het Murray en Djokovic geklop om die Cincinnati-meesterstoernooi te wen. Dit was die eerste keer dat Federer in dieselfde toernooi teen die wêreld se twee topspelers wen.[70] In die VSA-Ope het hy deurgedring tot sy eerste eindstryd daar sedert 2009, maar is in vier stelle weer deur Djokovic verslaan.[71] By die Swiss Indoors in Basel het Federer sy sesde enkelspeltitel van die jaar gewen, asook sy 88ste ATP-titel, deur sy ou teenstander Nadal in die eindstryd te klop.[72] Dit was die sewende keer dat hy die titel in sy tuisstad verower het.[73]
2016
Federer het die seisoen in die Brisbane Internationaal as die verdedigende kampioen begin, al het hy ’n virus gehad. Hy het egter teen Milos Raonic verloor.[74] In die Australiese Ope het hy die halfeindstryd gehaal, maar in vier stelle teen die eindelike kampioen, Djokovic, verloor.[75] Die volgende dag het Federer ’n kniebesering opgedoen en vroeg in Februarie het hy ’n operasie ondergaan om ’n kraakbeenskyf te herstel. Hy het dus in Februarie en Maart die toernooie van Rotterdam, Doebai en Indian Wells misgeloop. Hy sou in Miami terugkeer,[76] maar moes weens ’n maagvirus onttrek.[77]
Hy het eindelik sy terugkeer in die Monte-Carlo-meesterstoernooi gemaak en in die kwarteindstryd teen Tsonga verloor. In Madrid het hy tydens ’n oefensessie ’n rugbesering opgedoen en kort ná sy aankoms onttrek. Hy het daarna in die Internazionali BNL d'Italia deelgeneem, maar in die derde rondte teen Dominic Thiem verloor. Hy het ook aan die Franse Ope onttrek.[78]
In die grasseisoen het hy steeds las van sy knie gehad en in die halfeindstryd van Stuttgart en Halle verloor. Op 6 Julie het hy op Wimbledon in die kwarteindstryd teen Marin Čilić gewen en Jimmy Connors se rekord van alle tye van 11 Wimbledon-halfeindstryde en 84 wedstrydoorwinnings geëwenaar.[79] Twee dae later het hy sy eerste nederlaag in ’n Wimbledon-halfeindstryd gely toe hy in vyf stelle teen Raonic verloor. Hy het in die vyfde stel weer sy knie beseer.[80]
Op 26 Julie het Federer aangekondig hy sal die Olimpiese Spele en die res van die 2016-seisoen misloop om ten volle van sy kniebesering te herstel.[81] Die skielike onttrekking het nie net beteken dit sou die eerste jaar sedert 2000 wees waarin hy nie ’n titel wen nie, maar ook dat hy vir die eerste keer in 14 jaar nie onder die top-10 is nie. Dit en ’n gebrek aan Grand Slam-titels in vier jaar het baie ontleders verkeerdelik laat glo Federer se loopbaan het eindelik tot ’n einde gekom en dat hy nie weer enige groot titels sou wen nie.[82][83]
Grand Slam-rekord
Die tabel toon Federer se prestasie in elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkelspel waaraan hy deelgeneem het:
| Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA-ope |
|---|---|---|---|---|
| 1999 | Nie gekwalifiseer nie | Rondte 1 | Rondte 1 | Nie gekwalifiseer nie |
| 2000 | Rondte 3 | Rondte 4 | Rondte 1 | Rondte 3 |
| 2001 | Rondte 3 | Kwarteindstryd | Kwarteindstryd | Rondte 3 |
| 2002 | Rondte 4 | Rondte 1 | Rondte 1 | Rondte 4 |
| 2003 | Rondte 4 | Rondte 1 | Wenner | Rondte 4 |
| 2004 | Wenner | Rondte 3 | Wenner | Wenner |
| 2005 | Halfeindstryd | Halfeindstryd | Wenner | Wenner |
| 2006 | Wenner | Eindstryd | Wenner | Wenner |
| 2007 | Wenner | Eindstryd | Wenner | Wenner |
| 2008 | Halfeindstryd | Eindstryd | Eindstryd | Wenner |
| 2009 | Eindstryd | Wenner | Wenner | Eindstryd |
| 2010 | Wenner | Kwarteindstryd | Kwarteindstryd | Halfeindstryd |
| 2011 | Halfeindstryd | Eindstryd | Kwarteindstryd | Halfeindstryd |
| 2012 | Halfeindstryd | Halfeindstryd | Wenner | Kwarteindstryd |
| 2013 | Halfeindstryd | Kwarteindstryd | Rondte 2 | Rondte 4 |
| 2014 | Halfeindstryd | Rondte 4 | Eindstryd | Halfeindstryd |
| 2015 | Rondte 3 | Kwarteindstryd | Eindstryd | Eindstryd |
| 2016 | Halfeindstryd | Nie deelgeneem nie | Halfeindstryd | Nie deelgeneem nie |
| 2017 | Wenner | Nie deelgeneem nie | Wenner | Kwarteindstryd |
| 2018 | Wenner | Nie deelgeneem nie | Kwarteindstryd | Rondte 4 |
| 2019 | Rondte 4 | Halfeindstryd | Eindstryd |
Verwysings
- ↑ (en) Sean Gregory (29 Januarie 2018). "Five Ways to Beat Roger Federer". TIME. Besoek op 10 Junie 2019.
- ↑ (en) John Roberts (12 September 2004). "The Federer express runs over Henman". The Independent. Besoek op 18 Junie 2009.
- ↑ (en) "Roland-Garros 2014 – Roger Federer". Besoek op 11 September 2017.
- ↑ 4,00 4,01 4,02 4,03 4,04 4,05 4,06 4,07 4,08 4,09 4,10 4,11 4,12 4,13 4,14 (en) "Player profile – Roger Federer". ATP World Tour. Besoek op 10 Junie 2019.
- ↑ "Rankings: Singles". ATP World Tour. Besoek op 19 Februarie 2018.
- ↑ Wallace, David Foster (20 Augustus 2006). "Roger Federer as Religious Experience – Tennis". The New York Times. ISSN 0362-4331. Besoek op 2 Februarie 2018.
- ↑ 7,0 7,1 7,2 7,3 "Roger Federer – 2003 Singles Playing Activity". ATP World Tour. Besoek op 8 Desember 2014.
- ↑ "Rankings – Singles – ATP World Tour – Tennis".
- ↑ ATP. "Roger Federer 2003 Doubles". Besoek op 16 Februarie 2010.[dooie skakel]
- ↑ 10,0 10,1 10,2 "Roger Federer – 2004 Singles Playing Activity". ATP World Tour. Besoek op 8 Desember 2014.
- ↑ 11,0 11,1 11,2 11,3 11,4 "Roger Federer – 2005 Singles Playing Activity". ATP World Tour. Besoek op 8 Desember 2014.
- ↑ "Federer suffers ligament injury". BBC Sport. 13 Oktober 2005.
- ↑ 13,0 13,1 13,2 "Roger Federer – 2006 Singles Playing Activity". ATP World Tour. Besoek op 8 Desember 2014.
- ↑ "Federer defeats Gonzalez for 10th Grand Slam title". ESPN. 28 Januarie 2007. Besoek op 13 April 2017.
- ↑ DeSimone, Bonnie (5 April 2007). "Canas keeps the ball in court in doping case". ESPN.
- ↑ "Rafael Nadal VS. Roger Federer - Paris 2007". ATP World Tour.
- ↑ Tennis-X.com. "Darth Federer Eyes 12th Slam Today Against Djokovic". tennis-x.com. Besoek op 22 Mei 2017.
- ↑ "Australian Open Men's Singles Champions". Australian Open. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2010. Besoek op 15 Oktober 2009.
{{cite web}}: Onbekende parameter|deadurl=geïgnoreer (hulp) - ↑ "Roland Garros Men's Singles Past Winners 1891–2011". Roland Garros. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2012. Besoek op 9 Augustus 2012.
{{cite web}}: Onbekende parameter|deadurl=geïgnoreer (hulp) - ↑ "Wimbledon Men's Singles Finals". Wimbledon. Besoek op 15 Oktober 2009.
- ↑ "US Open Men's Singles Finals". US Open. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2009. Besoek op 15 Oktober 2009.
{{cite web}}: Onbekende parameter|deadurl=geïgnoreer (hulp) - ↑ "Federer battles off-court foe – mononucleosis". The New York Times. 7 Maart 2008. Besoek op 25 Oktober 2014.
- ↑ 23,0 23,1 23,2 23,3 23,4 "Roger Federer – 2008 Singles Playing Activity". ATP World Tour. Besoek op 8 Desember 2014.
- ↑ "Federer and Wawrinka golden together". Besoek op 16 Augustus 2008.
- ↑ ATP. "Roger Federer 2008 Doubles". Besoek op 16 Februarie 2010.[dooie skakel]
- ↑ Bierley, Steve (1 Februarie 2009). "Nadal wins battle for place in history by edging past Federer in Melbourne". The Guardian. Besoek op 1 Februarie 2009.
- ↑ 27,0 27,1 27,2 "Roger Federer – Player Activity". ATP World Tour. Besoek op 25 April 2017.
- ↑ Clarey, Christopher (7 Junie 2009). "The Greatest? Federer's Victory Fills Last Hole on His Résumé". The New York Times. Paris. Besoek op 26 Februarie 2017.
- ↑ 29,0 29,1 29,2 "Roger Federer – 2010 Singles Playing Activity". ATP World Tour. Besoek op 8 Desember 2014.
- ↑ "Federer joins an elite club – Rediff Sports". Rediff.com. 21 Junie 2010. Besoek op 22 Januarie 2013.
- ↑ "Roger Federer hires Paul Annacone as coach to help revive career". The Guardian. 26 Julie 2010. Besoek op 19 November 2013.
- ↑ "Federer back to winning ways with fourth Cincinnati crown". ATP. 22 Augustus 2010. Besoek op 22 Augustus 2010.
- ↑ Briggs, Simon (27 Januarie 2011). "Australian Open 2011: Roger Federer did not just lose against Novak Djokovic; he was at a loss". The Daily Telegraph. Besoek op 27 Januarie 2011.
- ↑ Briggs, Simon (10 September 2011). "US Open 2011: semi-final fightback by Novak Djokovic ends Roger Federer's title hopes in epic encounter". The Daily Telegraph.
- ↑ "Federer, Mandela are world's most respected & trusted". ATP World Tour. 19 September 2011.
- ↑ "Mandela pips Federer". Times LIVE South Africa. 21 September 2011.
- ↑ Buddell, James. "Tennis – ATP World Tour – Barclays ATP World Tour Finals 2011 Final – Federer Wins Record Sixth Title". ATP World Tour. Besoek op 24 Januarie 2012.
- ↑ "Novak Djokovic beats Roger Federer in straight sets to secure a meeting with Rafael Nadal in Sunday's French Open final". 8 Junie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2012. Besoek op 8 Junie 2012.
{{cite news}}: Onbekende parameter|deadurl=geïgnoreer (hulp) - ↑ "French Open: Novak Djokovic beats Roger Federer to reach final". BBC Sport. 8 Junie 2012. Besoek op 1 Julie 2019.
- ↑ Dupont, Kevin Paul (9 Julie 2012). "Roger Federer wins 7th Wimbledon title". The Boston Globe.
- ↑ Rossingh, Danielle (8 Julie 2012). "wimb2012". Bloomberg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2013.
{{cite news}}: Onbekende parameter|deadurl=geïgnoreer (hulp) - ↑ "Roger Federer wins 7th Wimbledon, tying Pete Sampras". WJLA.com. Associated Press. 8 Julie 2012. Besoek op 8 Julie 2012.
- ↑ Fendrich, Howard (8 Julie 2012). "Federer beats Murray for 7th Wimbledon, 17th major". Yahoo! Sports. Associated Press. Besoek op 5 Desember 2014.
- ↑ Mitchell, Kevin (3 Augustus 2012). "Roger Federer beats Juan Martín del Potro to reach Olympic final". The Guardian. Besoek op 9 Januarie 2013.
- ↑ Killion, Ann (5 Augustus 2012). "Despite loss to Murray, silver medal meaningful for Federer in London". Sports Illustrated. Besoek op 9 Januarie 2013.
- ↑ "Roger Federer beats Novak Djokovic to win Cincinnati Open". BBC Sport. 19 Augustus 2012. Besoek op 19 Augustus 2012.
- ↑ "Roger Federer loses to Tomas Berdych in US Open quarters". BBC Sport. 6 September 2012. Besoek op 6 September 2012.
- ↑ "Djokovic beats Federer to win World Tour Finals title". The Times of India. Besoek op 13 November 2012.
- ↑ "Rafael Nadal powers to win over Roger Federer at Indian Wells". BBC Sport. 15 Maart 2013. Besoek op 4 Julie 2014.
- ↑ "Roger Federer loses at Wimbledon, snapping greatest streak in tennis". USA Today.
- ↑ "Roger Federer's ranking history". ATP World Tour. Besoek op 6 Julie 2013.
- ↑ Newman, Paul (13 Oktober 2013). "The fading Roger Federer puts coach Paul Annacone out to grass". The Independent. Besoek op 4 Julie 2014.
- ↑ "Federer reflects on mistakes of playing injured". Tennis.com. 20 Oktober 2013.
- ↑ rogerfederer.com
- ↑ Cronin, Matt (16 Julie 2013). "Federer playing with new, larger racquet in Hamburg". Tennis.com.
- ↑ Bishop, Greg (16 Januarie 2014). "Seeking Bigger Sweet Spot, Roger Federer Hopes His Racket Will Grow on Him". The New York Times.
- ↑ "Roger Federer fights back to beat Tomas Berdych in Dubai". BBC Sport. 1 Maart 2014. Besoek op 4 Julie 2014.
- ↑ Rothenberg, Ben (29 Augustus 2014). "Council Replaces President in Election That's More Than a Popularity Contest". The New York Times. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Oddo, Chris (22 Junie 2014). "Roger Federer Stepping Down as President of ATP Player Council". TennisNow.com. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ "Federer celebrated for ATP Player Council contribution". ATP World Tour. 21 Junie 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ "Switzerland 3:2 Italy". Davis Cup. Besoek op 17 September 2014.
- ↑ "Roger Federer, Switzerland win first Davis Cup title". USA Today. 23 November 2014. Besoek op 25 November 2014.
- ↑ Sharko, Greg (11 Januarie 2015). "By the numbers: Federer's 1000 match wins". Association of Tennis Professionals (ATP).
- ↑ "Roger Federer beats Novak Djokovic to win Dubai title". BBC Sport. 28 Februarie 2015. Besoek op 28 Februarie 2015.
- ↑ "Novak Djokovic beats Roger Federer in Indian Wells final". BBC Sport. 22 Maart 2015. Besoek op 24 Maart 2015.
- ↑ "Djokovic Wins Fourth Rome Crown; Fourth Masters 1000 Title Of 2015". Besoek op 3 Junie 2015.
- ↑ Briggs, Simon (2 Junie 2015). "French Open 2015: Stan Wawrinka's evisceration of Roger Federer was bold in intent and brutal in execution". The Daily Telegraph.
- ↑ "Roger Federer beats Andreas Seppi to claim record eighth title at Gerry Weber Open". ESPN. 21 Junie 2015.
- ↑ Newbery, Piers (12 Julie 2015). "Wimbledon 2015: Novak Djokovic beats Roger Federer in final". BBC Sport. Besoek op 17 Julie 2015.
- ↑ "Roger Federer wins seventh Cincinnati Masters title". BBC Sport. 23 Augustus 2015. Besoek op 24 Augustus 2015.
- ↑ Newbery, Piers (14 September 2015). "US Open 2015: Novak Djokovic beats Roger Federer in final". BBC Sport. Besoek op 14 September 2015.
- ↑ "Federer Denies Nadal For Seventh Basel Crown – ATP World Tour – Tennis".
- ↑ "Roger Federer beats Rafael Nadal to win Swiss Indoors title". BBC Sport. 1 November 2015. Besoek op 2 November 2015.
- ↑ "Brisbane International: Milos Raonic beats Roger Federer". BBC Sport. 10 Januarie 2016. Besoek op 18 April 2016.
- ↑ "Australian Open 2016: Novak Djokovic beats Roger Federer". BBC Sport. 28 Januarie 2016. Besoek op 18 April 2016.
- ↑ "Roger Federer faces a month on sidelines after knee surgery". The Guardian. 3 Februarie 2016. Besoek op 3 Februarie 2016.
- ↑ "Roger Federer pulls out of comeback match at Miami Open". BBC Sport. 25 Maart 2016. Besoek op 25 Maart 2016.
- ↑ "Roger Federer: Former world number one withdraws from French Open". BBC Sport. 19 Mei 2016. Besoek op 19 Mei 2016.
- ↑ Garber, Greg (6 Julie 2016). "The comeback king: Roger Federer still has the capacity to surprise". ESPN. Besoek op 8 Julie 2016.
- ↑ Newbery, Piers (8 Julie 2016). "Wimbledon 2016: Milos Raonic beats Roger Federer to reach first Grand Slam final". BBC Sport. Besoek op 8 Julie 2016.
- ↑ "Roger Federer to miss Rio 2016 Olympics and rest of season with knee injury". BBC Sport. 26 Julie 2016. Besoek op 26 Julie 2016.
- ↑ ET, 2016 at 2:02p (27 Julie 2016). "Is this the end for Roger Federer?". FOX Sports.
{{cite web}}: CS1 maint: numeric names: authors list (link) - ↑ Eccleshare, Charlie (3 Mei 2016). "Why Roger Federer will never win another grand slam". The Daily Telegraph.
Eksterne skakels
- (en) Amptelike webtuiste
- (en) Roger Federer in die Internet-rolprentdatabasis
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Roger Federer.