Apache SpamAssassin
Apache SpamAssassin is 'n rekenaarprogram wat gemorspos uit e-pos filtreer. Dit gebruik 'n verskeidenheid van gemorspos-opsporingstegnieke, waaronder DNS-gebaseerde en fuzzy-checksum-gebaseerde gemorsposopsporing, Bayesiaanse filtrering, uitwendige programme, swartlyste, en aanlyndatabasisse. Dit word ingevolge die Apache-lisensie 2.0 vrygestel en vorm sedert 2004 deel van die Apache-stigting.
Die program kan met 'n posbediener geïntegreer word om outomaties alle pos op die bediener te filtreer. Dit kan ook deur indiwiduele gebruikers op hul eie posbusse geloop word en integreer met verskeie posprogramme. Apache SpamAssassin is hoogs instelbaar; indien dit as 'n stelselwye filtreerder gebruik word, kan dit steeds ingestel word om gebruikerspesifieke voorkeure te ondersteun.