Gaan na inhoud

JPL Small-Body Database

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur BurgertB (besprekings | bydraes) op 19:28, 10 Julie 2018 (Nuwe artikel)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Die JPL Small-Body Database (SBDB) is ’n sterrekundige databasis oor klein Sonnestelselliggame. Dit word onderhou deur die Jet Propulsion Laboratory (JPL) en Nasa, en verskaf inligting oor alle bekende asteroïdes en verskeie komete, insluitende wentelparameters en -diagramme, fisiese diagramme en lyste publikasies oor die klein liggaam. Die databasis word daagliks bygewerk.[1]

Verwysings

  1. "JPL Small-Body Database browser". Nasa/JPL. Besoek op 19 Maart 2012.