Javaans
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Javane.
Javaans ꦧꦱꦗꦮ, Båså Jåwå | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [bɔsɔ dʒɔwɔ] | |
Gepraat in: | ![]() | |
Gebied: | Suidoos-Asië | |
Totale sprekers: | 84 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Kern-Maleis-Polinesies Soenda-Sulawesi Javaans | |
Skrifstelsel: | Javaanse alfabet (opsioneel) Pegon-alfabet (godsdienstige gebruik) Latynse alfabet (algemeen) | |
Taalbedreigingstatus | ||
![]() Veilig NENie bedreig nie Dit is nie 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | jv
| |
ISO 639-2: | jav
| |
ISO 639-3: | jav
| |
![]() | ||
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |

Javaans (ꦧꦱꦗꦮ, Båså Jåwå, [bɔsɔ dʒɔwɔ]; algemeen bekend as ꦕꦫꦗꦮ, cara jawa, [tjɔrɔ dʒɔwɔ]; letterlik: "taal van Java") is 'n taal van die Austronesiese taalfamilie. Dit word gepraat in Suidoos-Asië op Java (vandaar die naam) en Bali in Indonesië, asook deur Javaanse emigrante in Oos-Timor, Maleisië, Singapoer, Republiek China, Hongkong, Australië, Nieu-Kaledonië, Nederland, Suriname en die Verenigde State van Amerika.
Javaans is 'n baie ou taal – die oudste geskrewe Javaans dateer van 25 Maart 804. Die taal word tans deur sowat 84 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Javane, omtrent 42% van Indonesië se totale bevolking, en is die grootste maar nie die amptelike taal van Indonesië nie. Javaans is verwant aan Balinees, Indonesies/Maleis, Madoerees, Minangkabau en Soendanees.
Verwysings
- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Javanese". Ethnologue. Besoek op 13 Januarie 2018.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Javaans.
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Javaans.
- (en) "Javanese language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Januarie 2018.