Python (programmeertaal)

Python is 'n hoëvlak-, oopbron-programmeertaal wat deur Guido van Rossum vrygestel is in 1991. Python se ontwerpsfilosofie is om so eenvoudig as moontlik te wees om te lees, en laat 'n programmeerder dus toe om 'n programmatiese funksie uit te voer met minder lyne kode as wat tipies moontlik sou wees in ander tale, bv. C. 'n Goeie voorbeeld van Python se klem op eenvoudigheid is die feit dat blokke kode nie tussen hakkies geskryf word nie, maar liewers staat maak op 'n sekere hoeveelheid spasies om blokke kode saam te groepeer.
Filosofie van Python
Die kernfilosofie van Python word opgesom in die artikel The Zen of Python(PEP 20) wat die volgende aforismes insluit:
- Beeldskoon is beter as lelik
- Eksplisiet is beter as implisiet
- Eenvoudig is beter as kompleks
- Kompleks is beter as ingewikkeld
- Leesbaarheid is belangrik
Sintaks
Python is bedoel om 'n hoogs leesbare taal te wees en is baie nae aan natuurlike taal. Dit maak minimale gebruik van leestekens en verkies om meer sleutelwoorde te gebruik. Python het ook minder sintaktiese uitsonderings en speisiale gevalle as 'n taal soos C (programmeertaal). Python volg die Principle of Least Astonishment wat implimseer dat kode behoort te doen wat jy vanaf natuurlike taal sal verwag dit sal doen.
Indekking
Python maak gebruik van witspasie indekking eerder as sleutelwoorde of krulhakies om die einde van blokke stellings aan te dui(byvoorbeeld die inhoud van 'n lus sal alles die selfde hoeveelheid indekking hê). Na sekere stellings moet daar verder ingedek word ( by voorbeeld na 'n if-stelling). Daar moet terug ingedek word na die einde van die huige blok kode.
Stellings en beheer van vloei
Python maak gebruik van die volgende stellings(onder ander):
- Die
if
stelling sal voorwaardelik 'n blok kode uitvoer, wat gebruik kan word saam met dieelse
enelif
stellings om meer ingewikkelde voorwaardes te skep - Die
while
stelling sal 'n blok kode uitvoer solank as wat sy kondisies as waar evalueer - Die
import
stelling , wat gebruik kan word om modules wat se funksies nuttig sal wees te gebruik in 'n huidige program - Die
print
stelling word gebruik om uitvoer te gee. Verander na dieprint()
funksie in Python 3.
Wiskunde
Python het die standaard C wiskundige operators (+
, -
, *
, /
, %
). Dit het ook die **
operator om getalle tot 'n sekere mag te verhef , soos byvoorbeeld 5**3 == 125
en 9**0.5 == 3.0
, asook 'n matriks vermenigvuldiging operator @
wat bygevoeg was in weergawe 3.5.[1]
Naam
Python se naam is afgely vanaf die televisie reeks Monty Python's Flying Circus,[2] en daar is gereeld Monty Python verwysing in voorbeeldkode.