Gaan na inhoud

Python (programmeertaal)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur André-Jan Merts (besprekings | bydraes) op 08:58, 18 Julie 2016 (Sintaks en Naam afedling bygevoeg. Moet sekere maak oor baie terme voor ek verder kan gaan.)
Logo van Python

Python is 'n hoëvlak-, oopbron-programmeertaal wat deur Guido van Rossum vrygestel is in 1991. Python se ontwerpsfilosofie is om so eenvoudig as moontlik te wees om te lees, en laat 'n programmeerder dus toe om 'n programmatiese funksie uit te voer met minder lyne kode as wat tipies moontlik sou wees in ander tale, bv. C. 'n Goeie voorbeeld van Python se klem op eenvoudigheid is die feit dat blokke kode nie tussen hakkies geskryf word nie, maar liewers staat maak op 'n sekere hoeveelheid spasies om blokke kode saam te groepeer.

Sintaks

Python is bedoel om 'n hoogs leesbare taal te wees en is baie nae aan natuurlike taal. Dit maak minimale gebruik van leestekens en verkies om meer sleutelwoorde te gebruik. Python het ook minder sintaktiese uitsonderings en speisiale gevalle as 'n taal soos C (programmeertaal). Python volg die Principle of Least Astonishment wat implimseer dat kode behoort te doen wat jy vanaf natuurlike taal sal verwag dit sal doen.

Stellings en beheer van vloei

Python maak gebruik van die volgende stellings(onder ander):

  • Die if stelling sal voorwaardelik 'n blok kode uitvoer, wat gebruik kan word saam met die else en elif stellings om meer ingewikkelde voorwaardes te skep
  • Die while stelling sal 'n blok kode uitvoer solank as wat sy kondisies as waar evalueer
  • Die import stelling , wat gebruik kan word om modules wat se funksies nuttig sal wees te gebruik in 'n huidige program
  • Die print stelling word gebruik om uitvoer te gee. Verander na die print() funksie in Python 3.

Naam

Python se naam is afgely vanaf die televisie reeks Monty Python's Flying Circus,[1] en daar is gereeld Monty Python verwysing in voorbeeldkode.

  1. https://docs.python.org/2/faq/general.html#why-is-it-called-python