Gaan na inhoud

OpenStreetMap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur SpesBona (besprekings | bydraes) op 18:45, 2 Desember 2015 (+ Inligtingskas)
OpenStreetMap
Tipe webblad digitale padkaart
Taal(e) Ten minste 151 gebiedsvertalings en onbeperkte aantal kaarttale[1]
Registrasie nodig vir bydraers
Eienaar OpenStreetMap gemeenskap.
Projekondersteuning deur OpenStreetMap Foundation[2]
Outeur Die gemeenskap
Opgerig 1 Julie 2004; 20 jaar gelede (2004-07-01)
Huidige status Aktief
URL www.openstreetmap.org

OpenStreetMap (OSM) is 'n "kopielinkse" digitale padkaart wat ontwerp is om deur enigiemand gewysig te kan word. Die kaart word geskep uit data wat opgeneem word deur GPS-ontvangers, lugfoto's en ander gratis bronne. Die kaart kan dan geprojekteer word in 'n geografiese koördinatestelsel, gebruik word vir roete beplanning of gebruik word vir geografiese soektogte.

Geskiedenis

Steve Coast, die stigter van OpenStreetMap, in 2009.

OpenStreetMap is in 2004 gestig deur Steve Coast. Die drywers vir die projek was die hoë koste van kwaliteit geografiese data in die Verenigde Koninkryk en die beskikbaarheid van akkurate GPS ontvangers.

In 2006 het Yahoo! ingestem dat hulle lugfoto's vir die projek gebruik kan word. Dit het die gemeenskap in staat gestel om die hele Pretoria en groot dele van Johannesburg en Kaapstad te voltooi.

Werkswyse

Deelnemers verken nuwe areas en gebruik GPS ontvangers, kameras, persoonlike digitale assistente en / of pen en papier om data bymekaar te maak. Daarna word OSM redigeerings sagteware gebruik om dit by die sentrale databasis te voeg. Hierdie veranderings kan tot 'n week of meer neem voordat dit gepubliseer word in al die verskillende formate.

Die munisipale grense sowel as amptelike plekname volgens die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad is reeds ingevoer.

Verwysings

  1. (en) "Translating OpenStreetMap". Besoek op 27 Julie 2015.
  2. (en) "FAQ". OpenStreetMap Wiki. Besoek op 15 April 2011.

Eksterne skakels