Gaan na inhoud

Webwerf

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur MilanBye (besprekings | bydraes) op 09:06, 27 November 2015 (Brei uit op afkortings, voeg teks by.)
Skermkiekie van die webwerf www.wikipedia.org se voorblad.

'n Webwerf of webtuiste is 'n versameling webblaaie, prente, video's en ander digitale bates wat op een of meer webbedieners (soos Google Chrome, Firefox of Internet Explorer) bedryf word, en gewoonlik beskikbaar is vanaf die Internet, selfoon of 'n LAN (Lokale Area Netwerk).

'n Webbladsy (of webblad) is 'n dokument, tipies geskryf in HTML, wat meestal beskikbaar gemaak word deur HTTP (HyperText Transfer Protocol). HTTP is verantwoordelik om die inligting van die webbediener aan te stuur na die gebruiker se webblaaier.

'n Versameling van webwerwe wat beskikbaar is vir die publiek staan bekend as die Wêreldwye Web (WWW).

Die blaaie van 'n webwerf kan gewoonlik bekom word deur 'n skakel URL in die webbediener in te tik. Die worteladres van 'n webwerf word die hoofblad of tuisblad genoem. Die adresse van die blaaie word gewoonlik in 'n hiërargie georganiseer, maar skakels tussen die blaaie beheer hoe die leser die struktuur sien en hoe verkeer tussen die blaaie van die webwerf vloei.

Sekere webwerwe vereis dat gebruikers registreer alvorens sekere inhoud gesien kan word. Voorbeelde van sulke webwerwe sluit in: besigheid-, nuus- en sosiale netwerk webwerwe.