Lineêre programmering
Voorkoms
Lineêre programmering (LP) is 'n studieveld in operasionele navorsing.
Die studieveld fokus op 'n wiskundige probleem wat bestaan uit 'n lineêre funksie wat gemaksimeer (of geminimeer) moet word onderhewig aan 'n aantal lineêre ongelykhede. Die funksie heet "die doelfunksie" en die ongelykhede word "die beperkings" genoem. In die algemene probleem is daar ook "tekenvereistes" wat vereis dat die veranderlikes almal nienegatief moet wees.