Gaan na inhoud

Javaanse kat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Addbot (besprekings | bydraes) op 07:40, 9 Maart 2013 (Verplasing van 7 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q42661)
Javanese kat

Alternatiewe naam Mandarynse kat
Oosterse langhaarkat
Herkoms VSA
Ontstaan Kruisras
Soort lyf Oosters
Pels Lank
Patroon Kleurpunt
Wetenskaplike naam Felis catus
Nota Word deur die meeste katverenigings beskou as ’n soort Balinese kat of ’n langharige weergawe van die Oosterse korthaarkat.

Die Javanese kat is ’n langharige, Oosterse tipe katras en staan ook bekend as die Mandarynse kat of Oosterse langhaarkat. Die kat het geen verbintenis met die eiland Java nie.

Geskiedenis

Toe Amerikaanse kattelers probeer het om ’n langharige weergawe van die Siamese kat te ontwikkel, het hulle die Balinese kat geskep. Die Javanese kat het as ’n soort neweproduk van dié teelprogram ontstaan. In 1979 het die Cat Fanciers' Association in Amerika die Javanese kat as ’n aparte ras erken. Ander vervenigings beskou dit as ’n variant van die Balinese kat.

Beskrywing

Die kat het ’n sagte enkellaag hare en die stert vorm ’n pluim.[1] Die enigste onderskeid tussen die Javanese en Balinese kat lê in die kleure van die pels.[2] Die Javanese kat het die kleure van die Oosterse korthaarkat en word dus dikwels beskou as ’n langharige weergawe daarvan.

Die kat raak nes ander Oosterse katte geheg aan een mens. Hulle miaau graag om hul eienaars te laat weet hoe hulle voel.

Verwysings

Eksterne skakels

Sien ook

Lys van katrasse


Hierdie artikel is gedeeltelik vertaal van die Duitse Wikipedia